Porcupine Pie

Porcupine Pie
John
Mobile: +27 (0)83 447 6901
Fax: +27 (0)86 510 9596
visit website

ABOUT PORCUPINE PIE

Bekroonde Wittebroodsbestemming – Tuinroete

Porcupine Pie Boutique Lodge is gekies as die Beste Wittebroodbestemming in Suid-Afrika in beide 2011 en 2012, en dit deur hoogs gekwalifiseerde beoordelaars – bruide wat self hul wittebrood daar geniet het! Porcupine Pie is ‘n fyn ontwerpte romantiese wegbreekbestemming, geleë in die Wilderness Hoogtes in die hartjie van die Tuinroete. Die 3 individuele chalets sit op ‘n 20ha private landgoed wat uitkyk oor die Touwsrivier Vallei en die Wilderness Nasionale Park, en spog met ‘n sentrale lapa met ‘n kroeg, kuier-area, eetkamer en swembad. Die lodge kyk uit na die noorde en is gewoonlik sonnig en warm, selfs in die winter. Verder is dit slegs 10 minute van die strand, 30 minute van George lughawe en 45 minute van Knysna en Oudtshoorn geleë.

Die 3 luukse chalets is juis so uitgelê om maksimum privaatheid te bied. Alle beddens is koningsgrootte en die lakens is van die heel beste kwaliteit Percale-katoen gemaak. Elke chalet het ook ‘n dakwaaier vir warm aande en verwarmers en elektriese komberse vir koeler aande wanneer die luggie byt. Verder is elkeen ook met ‘n volledige kroeg-yskas en satelliet-TV toegerus, sowel as ‘n groot private dek met sonstoele. Suites het ook elkeen ‘n bad en stort met groot skilderagtige vensters wat uitkyk oor die skouspelagtige vistas van die rivier en Outeniekwa-bergreeks.

Volledige ontbyt word of in die eetkamer of op die dek bedien, afhangende van die weer. Meeste aande (behalwe Woensdae en Vrydae) bied ons ‘n tweegang gourmet-maaltyd (hoofgereg en nagereg). Die lodge is ten volle gelisensieër en het ‘n klein maar uitstekende verskeidenheid wyne, bier en alkohol.

Terwyl dit die ideale venue is om te ontspan na jou groot dag, is dit ook sentraal geleë om julle dus toegang te gee tot ‘n wye verskeidenheid aktiweiteite in die Tuinroete. In en om Wilderness lê ongelooflike plekke waar jy kan gaan perdry, wandel, bergklim en ook valskermspring. In Mosselbaai kan paartjies saam met die haaie gaan duik, Oudtshoorn het die Kango-grotte en Wildtuin, en Knysna spog met die Heads en oesters, met die wêreld se hoogste reksprong brug net om die draai.

Tesame met die wittebroodpakkette, het Porcupine Pie ‘n verstandhouding met verskeie aantreklikhede in die omgewing om vir pasgetroude paartjies afslag-pryse te bied.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Porcupine Pie.
Have a comment regarding Porcupine Pie? Submit a review using the form above.

  • SHARE PORCUPINE PIE: