I'm With You

I'm With You
Mobile: +27 (0)83 295 4884
visit website

ABOUT I'M WITH YOU

'n Webtuiste is soveel meer as slegs 'n digitale uitnodiging. 

Kommunikeer deurlopend met jou gaste en maak almal lekker opgewonde oor julle spesiale dag. Vertel jou gaste jul ontmoetingsverhaal en deel julle foto's saam wat alles vasvang; vanaf die onsekere maar opwindende begin tot die ontspanne, opregte liefde wat uitstraal in jul verlowingsfoto's. 

Gaste kan ook deelneem deur 'n paar oulike vrae te beantwoord oor julle. Die basiese informasie wat gewoonlik op die gedrukte uitnodiging voorkom word op 'n interaktiewe manier aangebied, wat dit baie meer gerieflik en ook beter vir die omgewing maak.

Webtuiste voordele!

  • Gaste kan nie jou webtuiste misplaas nie soos wat gebeur met gedrukte uitnodigings nie. 
  • Informasie kan maklik opgedateer of verander word.
  • Skakels na nabye akkommodasie maak dit gerieflik vir gaste wat slaapplek benodig. 
  • Die RSVP proses word vereenvoudig vir jou én jou gaste.
  • 'n Google kaart met koordinate is van kardinale belang om te verseker dat niemand verdwaal op julle groot dag nie.
  • Jou webtuiste word so geskep dat julle gaste dit kan besigtig op alle toestelle (slimfone, tablette en rekenaars).

Het julle nog nie al die nodige informasie nie? Ons maak 'n landingsbladsy wat ook dien as die 'Onthou ons datum'.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for I'm With You.
Have a comment regarding I'm With You? Submit a review using the form above.

  • SHARE I'M WITH YOU: