Gerda de villiers

Gerda de villiers
Gerda de villiers
Contact No: +27 (0)21 852 5374
Mobile: +27 (0)82 960 1802

ABOUT GERDA DE VILLIERS

Om te trou is een van die lewe se grootste besluite...

Tog gebeur dit dikwels sonder om veel daaroor te dink of voor te berei. Voorhuwelikse berading is bedoel vir paartjies van enige ouderdom wat graag ‘n sterk en blywende verhouding wil bou.

Laat dit Werk

Elkeen van ons is uniek, met ons eie temperament, waardes, behoeftes, verwagtinge, kommuinikasie styl, voorkeure en afkeure. Om intiem met iemand saam te leef kan ‘n baie komplekse taak wees. Hierdie program neem hierdie aspekte in ag en fokus op die grondslag vir ‘n vervulde en gelukkige huwelik.

‘n Realistiese Benadering

Ek werk met individuele paartjies sodat hulle voorberei is vir húlle huwelik. My doel is om hulle toe te rus met die boublokke vir ‘n gesonde huweliksverhouding waar elkeen voel hy/sy word aanvaar, bemin en behoeftes word bevredig. Alhoewel die program gebaseer is op Christelike beginsels sal geen vooropgestelde idées van hoe ‘n huwelik moet werk op ‘n paartjie afgewing word nie. Sekere lewenswaarhede , nagevorsde prosesse en beginsels word gebruik as die grondslag van die program. Die uitkoms is bedoel om ‘n paartjie in staat te stel om werkbare oplossings te vind, uniek aan hulle verhouding.

Die Program

Ons werk op ‘n sensitiewe en vertoulike wyse deur baie verskillende aspekte van ‘n huwelik. Die 10-uur program word oor ‘n tydperk van 5 weke, binne sowel as buite normale werksure aangebied en sal aangepas word om aan beide individue se behoeftes te voorsien.

Ons ondersoek aspekte soos:

  • Waardeer julle verskille
  • Voel jy word liefgehê
  • Behoeftes en verwagtinge
  • Kommunikasie
  • Rolle en verantwoordelikhede
  • Finansies
  • ‘n Goeie seksuele verhouding
  • Geestelike voorkeure

Omtrent myself

Ek is ‘n praktisende Lewens- Beroeps- en Huweliksafrigter wat fokus op werkbare maniere om te kry wat jy wil hê. Ek was nog altyd passievol om mense te help om werkbare oplossings te vind om ‘n beter lewe, huwelik of beroep te hê . Daarmee saam is ek vootdurend besig om mense aan te moedig om verantwoordelikheid te vat vir hulle eie lewe. Dit is moontlik wat my motiveer het om vir meer as 7 jaar berading te doen.

Terwyl ek my vroeëre beroep as Lugverkeerbeheerder geniet het, het ek nooit gedink dat ek eendag ‘n praktiseerende Lewensafrigter sou wees nie. As ek egter terugkyk oor my lewe, sien ek hoe my passie vir persoonlike ontwikkeling en groei, jare se studies en lewensondervinding alles bygedra het tot my uiteindelike kwalifikasie as Lewensafrigter, Terwyl ek ‘n opsomming gemaak het van my opleiding en kwalifikasies het ek besef dat sedert 2000 nooit ophou studeer het nie en elke brokkie kennis ‘n komponent van belangrikheid het in wie ek vandag is as Lewensafrigter. Sedert 2002 was ek aktief besig met berading, leierskap-opleiding en lewensafrigting en het kosbare kennis, vaardighede en lewensondervinding langs die pad opgedoen.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Gerda de villiers.
Have a comment regarding Gerda de villiers? Submit a review using the form above.

  • SHARE GERDA DE VILLIERS: