Ander Gauteng Voorhuwelikskursusse

cwtlm

cwtlm
Chris van Niekerk
Contact No: +27 (0)82 553 0550
visit website
Address: Dirk Smit Industriële Park, Eenheid 25, Jakaranda Straat 14, Hennopspark x35, 0157

ABOUT CWTLM

‘n Huweliksverrykingsnaweek waar elke paartjie die geleentheid sal kry om te fokus op hul verhouding met mekaar, met God as die hoof en ontwerper van die huwelik.  Die fokus is om julself tyd te gun om te besin oor jul verhouding en watter aanpassings jul graag sal wil maak.  Dit is ‘n naweek vir introspeksie en om geleentheid te bied vir transformasie in julle huwelik.  Selfs vir verloofdes wat op trou staan – kom kry die fondasie vir ‘n ontwerpershuwelik!!

WANNEER?      

Aanmelding vir registrasie vanaf 16:00 Donderdag

Naweek loop ten einde Sondag  14:00

 

Ons het 2 kampe hierdie jaar:          

1. Mooiplaatsie Country Estate Guesthouse

www.mooiplaatsie.co.za

Donderdag 18 tot Sondag 21 Mei 2017

Romantiese, intieme atmosfeer

Slegs 12 plekke beskikbaar

 

2. Shammah Game Lodge

www.shammahgamelodge.co.za 

Donderdag 12 tot Sondag 15 Oktober 2017

Romantiese, intieme atmosfeer

Slegs 16 plekke beskikbaar

 

INGESLUIT

Kostes sluit in verblyf, uitstekende etes, bederf goedjies, ‘n verrassing of 2 en vele meer…

Ontwerpershuwelik materiaal met ‘n verrassing of twee...

Gratis snesies – vir die trane van geluk...

Alle etes word voorsien, maar julle is welkom om ekstra smulhappies (snacks) en koeldrank saam te bring.

Geen alkohol asseblief.

 

BESPREKING & KOSTES

Besprekings kan gedoen word op die webtuiste:  http://www.cwtlm.org///a/32451/designer-marriage-seminar

Registrasie = R150 (nie terugbetaalbaar)

Kostes = R4 700 (4 dae, 3 nagte) per paartjie

 

AFSLAG!!! 

MooiPlaatsie:     Betaal voor 15 April ‘17 die volle bedrag en ontvang 10% afslag = R4 200

ShammahLodge:  Betaal voor 15 September ‘17 die volle bedrag en ontvang 10% afslag = R4 200

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


Die Ontwerpershuwelikskampe is buitengewoon besonders. Dit het al ons verwagtinge oortref, nie net is die verblyf puik nie, daar is ook keurige verrassings wat jou verbeelding aangryp en die kreatiwiteit in jou huwelik in aksie laat kom. Die aanbieding van gesprekke is vars en oorspronklik met humor wat jou laat skaterlag vir jouself. Daar is ruim plek gemaak vir romanse en om onthou-oomblike saam te bou. Ai dit was lekker! Ek as vrou het ook weer die geleentheid gekry om my man in sy posisie as hoof van ons huis te herstel, ons het ook weer mekaar se harte gehoor en saam gelag.

As jy ook skugter is soos ek was om op ‘n huwelikskamp te gaan, “ daar is mos niks fout met ons huwelik nie”…. Wat ‘n verrassing, dit is juis die goeie huwelike wat op huwelikskampe gaan, die wat wil uithou en aanhou deur dik en dun.

Die Ontwerpershuweliksgeleentheid is een van die beste kanse wat jy jou huweliksmaat en jou huwelik kan gee. Kom onthou weer waarom jy die keuse gemaak het om jou lewe met hom te deel.

  • SHARE CWTLM: