Ander Gauteng Voorhuwelikskursusse

Cornelia Swart

Cornelia Swart
Cornelia Swart
Mobile: +27 (0)83 625 5686
Address: Dereks Lane 469, Lynnwood, Pretoria

ABOUT CORNELIA SWART

In huweliksvoorbereiding:

  • Fokus ons op julle spesifieke behoeftes as ‘n paartjie
  • Identifiseer ons watter impak ervarings in die verlede op jou oortuigings het
  • Ons bepaal jul lewensdoel as 'n paartjie
  • Ons identifiseer of julle op dieselfde bladsy is in terme van waardes, prioriteite en lewensdoelwitte
  • Ons identifiseer gemene belangstellings
  • Ons identifiseer jul individuele verwagtinge
  • Ons identifiseer jou en jou lewensmaat se belangrikste emosionele behoeftes en hoe om jou eggenoot se behoeftes te vervul
  • Vrouens leer hoe om hul mans te respekteer en mans leer hoe om hul vroues te koester
  • Julle leer meer omtrent jul liefdestaal
  • Ons leer meer omtrent intimiteit en bespreek jul 'sexpectations'
  • Ons bespreek verskille en konflikte, in 'n veilige omgewing
  • Julle leer hoe om 'n wen/wen oplossing vir jul probleme te vind en verskille uit te stryk deur na mekaar te luister, jou eggenoot se gevoelens te respekteer, kompromie te tref en probleem-oplossingsvaardighede in werking te stel. Ons leer ook hoe om disrespekvolle veroordeling en selfsugtige vereistes in goed deurdinkte versoeke te omskep.
  • Julle leer hoe om gesamentlike besluite te neem
  • Jy leer hoe om jou emosionele kwesbaarhede in woorde om te skakel en jou gevoelens met jou lewensmaat te deel om so nader aan mekaar te voel. Julle leer dus om voortdurend reguit, oop en eerlik met mekaar te wees.
  • Julle bespreek jul finansiële status en trek 'n begroting op
  • Julle word ingelig omtrent die voor- en nadele van die verskillende huwelikskontrakte
  • Ons vind uit wat dit beteken om jou lewensmaat veilig en belangrik te laat voel en hoe om mekaar op 'n daaglikse basis te waardeer.
  • Jy leer hoe om jou lewensmaat eerste prioriteit te maak en gesonde grense om ouers, kinders, werk, sport, vriende, stokperdjies, ens. te stel.

Om verlief te raak is 'n wonderlike gevoel, maar wanneer jy die dag met 'n ring aan jou vinger wakker word, wil jy nie in die moeilikheid beland omdat jy nie jou huiswerk gedoen het nie. Dit betaal om so objektief as moontlik te wees,.

Wanneer mens op 'n lewensmaat moet besluit wil niemand 'n fout maak nie, en as jy verloofde paartjies vra hoekom hulle gaan trou, is die antwoord gewoonlik: “Ons is verlief”. Jou keuse van lewensmaat moet egter nooit op liefde gebasseer wees nie. Al klink dit dalk nie “polities korrek” nie, steek daar groot waarheid hierin. Liefde is nie 'n basis om te trou  nie; liefde is eerder die resultaat van 'n goeie huwelik. Wanneer die res van die bestanddele reg is, sal die liefde vanself kom. Jy kan nie 'n lewenslange verhouding op liefde alleen bou nie – jy't baie meer as dit nodig!!! Om verlief te wees gaan dikwels meer oor romanse en hormone – dinge wat eintlik baie selfsugtig is. Díe tipe “liefde” is nie 'n goeie rede om te trou nie, maar vriendskap is. Vriendskap is nie selfsugtig nie. Regte liefde gaan daaroor om vir 'n ander persoon om te gee en 'n deel van jouself aan daardie persoon te gee.

Hoeveel tyd, geld, energie en beplanning gaan in jou troudag in teenoor jou huwelik? Die trouseremonie duur maar 'n paar uur... Jou huwelik duur (hopelik) die res van jou lewe! Is BEPLANNING deel van 'n huweliksverhouding? Wel, het jy al ooit sukses in jou lewe behaal sonder enige beplanning? Paartjies dink dikwels dat hulle mekaar beter sal leer ken wanneer hulle getroud is. Dit is egter nie altyd die geval nie.

Huweliksvoorbereiding sal jou help om die volgende 4 vrae te beantwoord:

1. Problematiese karaktertrekke - voel jy veilig en kan jy dus met vrymoedigheid jou gedagtes en gevoelens deel?

Daar's 'n Afrika gesegde wat spreek, “Voor jy trou, hou beide jou oë oop, en na jy getroud is, maak een oog toe”. Voor jy betrokke raak en jouself aan iemand verbind, moenie laat wellus,  bejammering,  desperaatheid, onvolwassenheid, onkunde, druk van ander mense of 'n lae selfbeeld maak dat jy die gevaartekens miskyk nie. Hou jou oe oop en moenie jouself flous deur te dink dat jy iemand kan verander of dat dit wat jy nou as foute sien, nie werklik belangrik is nie.

Om veilig te voel beteken dat jy openlik met die persoon kan kommunikeer. Die basis van goeie kommunikasie is vertroue, d.w.s. Die vertroue dat ek nie “gestraf” gaan word of gaan seerkry wanneer ek my eerlike gedagtes of gevoelens uitdruk nie.

2. Het julle 'n gemene lewensdoel?

Om ooreenstemmende of komplementerende doelwitte te hê asook om die ander persoon se toekomsplanne te respekteer is belangrik vir 'n gelukkige huwelik. Dit is noodsaaklik om ontspanningsaktiwiteite, loopbaandoelwitte en jul geestelike lewens met mekaar te deel en ook 'n gemene lewensdoel te vind. Indien jy al vir 20 tot 30 jaar getroud is, moet julle iets dieper en meer betekenisvol deel: Julle het dus 'n gemene lewensdoel nodig.

Twee dinge kan in die huwelik  gebeur:

  1. Julle kan saam groei, of
  2. Julle kan uitmekaar dryf

Om te voorkom dat julle wel uitmekaardryf, moet jy uitwerk waarna jy streef terwyl jy nog enkellopend is en dan iemand vind wat dieselfde doelwitte as jy het. Die ware definisie van 'n sielsgenoot is: “A soul mate is a goal mate;” twee mense wat dieselfde lewensdoel in gedagte het en daarom gemeenskaplike prioriteite, waardes en doelwitte deel.

3. Neem ons mekaar se behoeftes in ag?

Weet jy wat jou aanstaande se belangrikste emosionele behoeftes is? Indien nie, kan jou eggenoot se liefde vir jou stadig begin doodgaan!

Een van die belangrikste beginsels van die huwelik is: As dit vir jou belangrik is, is dit vir my belangrik. Om na mekaar se behoeftes om te sien gaan daaroor om te doen wat nodig is om jou eggenoot gelukkig te maak.

4. Openlikheid, kommunikasie en konflikhanteringsvaardighede

Enigiets wat jou pla omtrent die verhouding moet bespreek word. Om al daardie ongemaklike goed uit te grawe is die enigste manier om te evalueer hoe goed die twee van julle kommunikeer, onderhandel en saamwerk. Deur die loop van die jare gaan daar sonder twyfel baie moeilikhede kop uitsteek. Jy moet dus nou reeds weet, voor jy 'n verbintenis maak: Kan julle jul verskille uitstryk en 'n oplossing vind wat vir beide van julle werk? Die basis van goeie kommunikasie is dat julle te alle tye 'n wen-wen oplossing vir jul probleme en verskille vind.

Meer oor my

Ek is al vir meer as 15 jaar 'n geregistreerde sielkundige en spesialiseer in verhoudings en voorhuwelikse- en huweliksberading. My praktyk is in Lynnwood, Pretoria gevestig.  

Program

Ek bied 'n 10-week huweliksvoorbereidingsprogram aan vir paartjies wat van plan is om te trou.. Ons skeduleer 6 tot 8 sessies van 2 ure per sessie.

Dit is 'n intensiewe en in-diepte program wat julle verhouding sal versterk en julle sal voorberei  op die moontlike uitdagings en konflikte wat elke paartjie op een of ander stadium in hul huwelik moet hanteer. Deur gebruik te maak van 'n persoonlike aanslag, fokus ons op jul individuele uitdagings en persoonlikhede.

In-diepte voor-huwelikse berading wat op die leer van vaardighede gebaseer is, kan help om die passie aan die brand te hou. Deur nou die tyd en energie in jul verhouding in te sit, terwyl julle nog vars, positiewe energie het, kan julle voorsorg tref vir 'n gelukkiger huwelik in die langtermyn.

Naweekprogramme in ander stede in Suid-Afrika

Ek bied 'n 4-dag program in Durban, Nelspruit, Bloemfontein, George, Potchefstroom en Kaapstad aan. Kontak my gerus vir meer inligting.

Koste

Indien jy of jou verloofde 'n lid van 'n mediese fonds is, mag berading jou moontlik nie eers 'n sent kos nie. Kontak my vir meer inligting omtrent die kostes daarvan.

Naweekseminare in the res van Suid-Afrika

Ek hou op die volgende datums 'n 3-dag naweekseminaar oor huweliksvoorbereiding. Kontak my gerus vir meer inligting of indien jy daarvoor wil bespreek. Besprekings is beperk tot 'n maksimum van 7 paartjies per seminaar.

Pretoria:

  1. 29-31 Jan 2016 
  2. 11-13 Maa 2016 
  3. 27-29 Mei 2016 
  4. 19-21 Aug 2016 
  5. 28-30 Okt 2016 
  6. 4-6 Nov 2016
GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


I attended the workshop in August 2014, and I would say the following about the workshop: What did you like best about the programme? I liked the energy and the mood of the group. Also, the exercises: doing the exercises forced us to connect; I actually learned new things about my partner. The questions made me think hard about the relationship status, problems we went through and the plans for the future. In what way do you feel more prepared for marriage? There is still more work to be done on our relationship. I am glad we went through the workshop before setting up the final date of our wedding. We will be reflecting on the improvement areas and resolve them (ALL OF THEM) before we set up the final date.

During the workshop we attended in August 2014, we got to know our strengths and weaknesses as individuals and as a couple and how to improve. Learning important (or critical) tools required in making our marriage successful. We learned new things about marriage, life, sex and ourselves. I feel more prepared for the marriage because I gained tools (practical) to assist in having a successful marriage. It was a valuable experience for me. It was a well thought-out programme. It included a lot of preparation and material included that are practical and very useful.

My partner and I attended the workshop in August 2014, and what I liked best about the programme was the professional guidelines provided to handle with a specific scenario – faced with/to be dealt with. (Making/doing this in a very easy way/open way). We were put in a position which enabled me and my partner to have an open discussion about our feelings regarding various topics. I feel more prepared for our marriage because I understand all the criteria of a relationship/partnership taking to prepare yourself completely for that very important discussion before marriage

What I liked best about the seminar was that it offered great reading material, action exercises (couple exercises) and very professional facilitation. It also provided practical suggestions and well researched tools and statistics. The facilitation included great use of alternative delivery methods – i.e. audio, visual material, DVD’s and use of humor. The environment was pleasant and meals were great. I feel that the upfront preparation contributes to more meaningful engagement during the course. There was stimulating participation by all attendees due to pre-preparation. I would highly recommend this course – especially for young couples. I rate it as super because it was relevant, practical, useful and dynamic. The workshop helped us to identify areas requiring attention and the tools with which to work with to address and resolve issues. I am better prepared for marriage being more aware of the issues that commonly cause problems in marriages and being open to talk about it. It is a fantastic course.

I attended the workshop in August 2014, and I would say the workshop meant a lot for our relationship. It gave me the ability to “reteach” bad behaviors, I learned new tools to change. The facilitator was friendly, open and caring.

Die huweliksvoorbereiding was vir my baie insiggewend gewees. Ek voel ons het al die aspekte van die huwelik deeglik bespreek en dit het onderwerpe geidentifiseer wat mens nie gewoonlik sou raaksien en bespreek nie. Dit het my geleer om van ‘n ander oogpunt na ‘n problem te kyk en ‘n oplossing te vind wat nie net vir my voordelig isn ie, maar vir ons huwelik voordelig sal wees. Na die kursus voel oek ons het al die gereedskap (“tools”) wat nodig is om ons huwelik ‘n reuse sukses te maak. Nie net in die maklike tye nie, maar in die moeilike tye ook. Dit leer mens hoe om die positiewe van ‘n huwelik te identifiseer en daarop te fokus en sodoende die negatiewe te minimaliseer. Ook om die slegte dele vroegtydig te identifiseer en aan te spreek voor dit ‘n groot problem raak. Ek sal die kursus aanbeveel vir enigiemand wat alreeds is of daaraan dink om in die huwelik te tree.

Ek en Wikus het gedink ons verhouding is sterk, perfek en niks kan dit verbeter nie, die dag toe ons by Cornelia instap. Hierdie kursus was ‘n “eye opener”! Alhoewel ons nog steeds dink ons verhouding is perfek het Cornelia vir ons die regte “tools” geleer en help verstaan wat ons gaan help deur moeilike tye en ook om ons verhouding nog beter te maak. Wat ek en Wikus baie geniet het was die gemaklike atmosfeer waarin als plaasgevind het. Ons het so baie gelag! Cornelia het saam ons deur die handleiding gewerk en vir ons duidelik gemaak wanneer ons aan iets moet aandag gee en wanneer ons iets beter kan hanteer. Ek glo werklik dat ons so baie geleer het om ons huwelik op die regte basis te begin bou en ook hoe om die ander person in ag te neem.

I really enjoyed the pre-marital counselling process. I encourage everyone in a relationship to attend especially those who intend or marrying or are in long term relationships. You may post the feedback to your website. Before the pre-marital counselling I was very afraid of things suddenly going wrong in my marriage and lacking the skills to fix it. I went looking for tools to assist me with my relationship. I came out feeling empowered and capable of having a happily ever after. I loved the concept of the Love Bank and the process of meeting your spouse’s most important emotional need and love language. Through the process of learning more about each other’s family history and expectations for the future I felt more secure in my relationship. Practicing some of the practical tools such as the Imago dialogue and spending at least 15 hours a week with my fiancé really rejuvenated our relationship. I am really looking forward to living a fulfilling life, filled with exciting and wonderful events with him by my side.

I knew from the start that I wanted to do pre-marital counselling but not just average counselling, I wanted my fiance and I to have the best tools to take on our upcoming marriage. Having parents that divorced and not wanting to follow in their footsteps this was not a matter I was going to take lightly. My fiance was not keen at first, and neither of us are on full medical aid so we had to pay cash. I told my fiance I will pay the full amount but if he finds it his worthwhile he will refund me half. I had no doubt after doing my research on Dr Swart that the money would be well spent AND refunded from my fiance! I cannot compare our relationship now and a few short weeks before. Of course we knew there was something special between us and we made each other very happy hence why we are getting married, but like every couple we have little 'niggles' which lead into huge arguments for no reason. Dylan and I communicate very easily and openly about everything (so we thought) but the questions that got asked during homework exercises and in the sessions lead to topics that needed to be discussed which one might not have considered before, but play an integral part in the dynamics of our relationship.

Looking back we definitly didn't have the tools to deal with everyday issues and knowing how to truly fulfill each other. Amongst many other things Dylan learnt how important it is to make positive deposits for me on a daily basis, how important helping out with dishes once in a while actually is for me, I learnt that I wasn't "always right", I needed to learn not to be to rigid and I realized how lucky I was to get married to Dylan as he was so enthusiastic, putting words said during sessions into action, even though initially he was not very keen on this whole pre-marital counselling exercise. Past experiences were linked with present behaviours which allowed us to understand why we may react the way we do in certain scenarios. Things which could very well cause a lot of conflict and hurt in the future were addressed, made aware to us and are now being worked on. We realized what a huge step being married actually is and how much work we have cut out for ourselves but at the same time we are confident as we have the basic "know how" to nurture our relationship. We are in actual fact so positive with regards to how our relationship has evolved we want to return every 2-3 years for a refresher to keep the wheel turning and just becoming better and better for each other as our married life continues!

There is no manual out there to a successful marriage, it is not an exact science as we are all such complex beings with so many different environmental factors that come into play. When two people unite together in marriage with different familial backgrounds, different views, different personalities, different past experiences, different inert behaviours it can be quite a challenge to find common ground. With Dr Swart you find solutions that works for you as a couple, you understand why your partner reacts and behaves like they do and you learn the value and meaning of a true partnership!

Thank you, Dr Swart!

Dylan and I will definitly see you again in the future!
  • SHARE CORNELIA SWART: