Moments2Media

Moments2Media
Jenny
Mobile: +27 (0)76 291 6923
visit website

ABOUT MOMENTS2MEDIA

Moments2Media is a Media Maatskappy wat spesialiseer in fotografie en videografie vir enige geleentheid – van ‘n troue of spesiale okasie tot ‘n konferensie of sakebyeenkoms. In samewerking met ‘n verskydenheid fotograwe en videograwe, verskaf ons jou van hoogs gespesialiseerde en professionele dienste. Ons fotograaf, Samantha Jackson Photography, spog met jare se ondervinding in die trouindustrie en is ten volle toegerus om elke detailtjie van jou mooiste dag vas te vang.

Moments2Media het ook onlangs met Helen Cook Professional Make-Up Artistry saamgespan. Ons bied jou ‘n unieke troudag-pakket waartydens ons fotograaf en videograaf jou grimerings-proeflopie afneem sodat jy presies kan sien hoe jy op jou troudag gaan lyk.

Verder het ons ook onlangs met Brendan van Langaro begin saamwerk – ‘n top haarstilis wat jou lokke in ‘n ongelooflike dog gepaste styl sal omskep. Hierdie pakket gee jou weereens die geleenheid om die resultate van jou proeflopie op video en foto’s te bestudeer. Ons het selfs sover gegaan as om ‘n omvattende pakket met Langaro Lifestyle Centre uit te werk wat alles van hare, naels en grimering tot ‘n trourok-stillis en massering insluit. By Moments2Media is dit ons missie om elke kosbare oomblik in ‘n raampie te fries sodat jy dit verewig kan koester.

Ons streef daarna om ‘n produk te lewer wat jy met die grootste vreugde met familie en vriende kan deel – ‘n stukkie familiegeskiedenis waarop jy kan trots wees! Ons verstaan egter dat almal se behoeftes en begrotings verskil, en daarom doen ons alles in ons vermoë om jou sover as moontlik te gemoed te kom. Die ideaal is jy gemaklik moet voel met die finale produk en prys sodat jy die troudag van jou drome kan hê.

Ons streef daarna om ‘n diensverskaffer te wees wat puik diens lewer sonder uitsondering en om standvastige verhoudings met ons kliënte te bou. Deur op ‘n persoonlike vlak met elke paartjie en kliënt te werk, verseker ons dat ons selfs jou uitspattigste behoeftes verstaan en bevredig. Ons poog ook om jou enige ekstra geld, tyd en moeite te bespaar, en totale gemoedsrus vir die groot dag te gee. Op die groot dag self is ons die hele tyd teenwoordig – van die voorbereidings regdeur tot by die onthaal – om elke spesiale oomblik vas te vang, insluitende die heildronke en eerste dans. Die troudag is een van die belangrikste dae in ‘n paartjie se lewe, en daarom gaan ons uit ons pad uit om elke oomblik in hoë definisie vas te vang.

‘n Troue bly maar ‘n duur storie en ons besef dat jy eerder ‘n vriend of familielid as videograaf aan te stel om ‘n paar Rand te spaar. Al is dit ‘n meer koste-effektiewe opsie, stel ons egter voor dat jy nie die kans waag nie – daar is immers geen tweede kans wanneer dit by jou troudag-herhinneringe kom nie, so doen dit die eerste keer reg!

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Moments2Media.
Have a comment regarding Moments2Media? Submit a review using the form above.

  • SHARE MOMENTS2MEDIA: