Dutch Tulip Productions

Dutch Tulip Productions
Contact No: +27 (0)21 975 6748
Mobile: +27 (0)72 223 2452
visit website

ABOUT DUTCH TULIP PRODUCTIONS

VIDEO IS ONS PASSIE

Ons besef dat daar ‘n behoefte aan stylvolle en kontemporêre “storievertelling” is, en daarom tree ons weg van die tipiese en tradisionele trouvideo om ‘n vars, modieuse en vermaaklike vertolking van jou troudag te skep.

Ons maak ‘n punt daarvan om elke paartjie op ‘n persoonlike vlak te leerken, wat ons toelaat om die fokus op JULLE en die kreatiewe proses te plaas, en ‘n oorspronklike trouvideo te skep soos jy nog nooit vantevore gesien het nie. Ons is ‘n klein gedugte spannetjie wat ons daarop toespits om jul troudag op ‘n intieme wyse te verfilm en redigeer, asook fyn aandag aan detail te skenk – beter as meeste ander videograwe in die industrie. So vang ons die suiwer vreugde van jul troudag vas om ‘n kosbare bêrestuk te skep wat verewig bewaar kan word.

Ons dans, ons lag, ons maak grappies, en beste van alles, ons leer julle ken sodat ons as vriende uitmekaar kan gaan, eerder as videograaf en kliënt. Dit is vir ons ontsaglik belangrik dat die paartjie op hul gemak is op die groot dag, en daarom is ons só diskreet dat jy nie eens sal besef dat ons daar is nie. So vang ons nie net die troudag vas nie, maar die algehele gevoel, emosie en ambians wat díe spesiale geleentheid omvou – en dit is juis dít wat ons “anders” maak en bo ander agentskappe in ons veld laat uitstyg. Dutch Tulip Productions is ‘n span talentvolle filmmakers en redigeerders wat saamwerk om die perfekte trouvideo te skep wat jy weer en weer sal wil kyk. Ons vang elke kosbare oomblik met ware passie en vernuf vas, en maak dit ons missie om jou storie te vertel nét soos jy dit op die troudag ervaar het.

“Elkeen het ‘n storie.”

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Dutch Tulip Productions.
Have a comment regarding Dutch Tulip Productions? Submit a review using the form above.

  • SHARE DUTCH TULIP PRODUCTIONS: