Three Rivers Lodge

Three Rivers Lodge
Marthinus
Contact No: +27 (0)16 423 6046
Fax: +27 (0)16 423 6048
visit website

ABOUT THREE RIVERS LODGE

Three Rivers Lodge en Villa Anna Sophia is geleë tussen immergroen bome en tuine wat perfek onderhou word. Met lewenslange herhinneringe van jou spesiale geleentheid, laat ons jou drome waar word.

Met die elegante Toskaanse sjarme en perfekte argitektuur, bied Three Rivers Lodge en Villa Anna Sophia 'n omvattende huweliks-ervaring.

Ons Bethal Kapel met sy ouwêreldse kleurvolle loodglas-vensters en handgekerfde houtbanke bied 80 van jou uitgesoekte gaste n romantiese atmosfeer vir jou perfekte geleentheid.

Ons kan met gemak 160 gaste akkommodeer en het ook kleiner lokale vir meer intieme troues beskikbaar. Lokale is toegerus met lugversorging, elegante beligting en ten volle toegeruste kroeë. Ons bied geskikte spyskaarte vir alle geleenthede en voorsien ook vir enige spesiale versoeke. Die 5-ster kombuise word beman deur toegewyde sjefs wat vars, moderne en wêreldklas disse kan voorsit.

Ons bied 42 goed toegeruste, luukse wooneenhede met kraakvars linne en snoesige handdoeke. Alle eenhede is ruim en is toegerus met 'n bad en stort, lugreëling, tee en koffie fasiliteite asook HD Plasma skerms. Ons wittebrood-suite is ingesluit by die troupakket en bied 'n ruim Viktoriaanse bad, dubbelstort en 'n aparte groot sitkamer met private balkonne. Die Villa-eenhede kyk almal uit oor die Piazza en ontbyt word bedien in Anna’s Kitchen.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Three Rivers Lodge.
Have a comment regarding Three Rivers Lodge? Submit a review using the form above.

  • SHARE THREE RIVERS LODGE: