Waterkloof Wines

Waterkloof Wines
Claudia Young-Kelly
Contact No: +27 (0)21 858 1491
Contact No: +27 (0)21 200 2554
visit website

ABOUT WATERKLOOF WINES

As jy die knoop in styl en ‘letterlik in die wolke’ wil deurhaak is Waterkloof net dié plek om jou droomtroue te vier.

Hierdie asemrowende wynlandgoed spesialiseer in gesofistikeerde, intieme troues in sy indrukwekkende glasomhulde restaurant en proelokaal, wat hoog geleë is teen die idilliese hange van die Schapenberg buite Somerset-Wes – ‘n sprokiesmooi paradys vir ‘n sjiek seremonie en onthaal in een plek.

Waterkloof se eiesoortige onthaal-pakette, gepoets met treffende elegansie, persoonlike diens, wêreldklas landgoedwyne en kontemporêre fynproewersgenot verseker dat die bruid en bruidegom hul ‘groot dag’ vir jare daarna nog sal koester.

Om dit alles te kroon speel jou troudag ook af teen ‘n magiese agtergrond van lowergroen wingerde en Valsbaai in die verte. Dit bied voorwaar ‘n ‘sewende hemel’ ervaring.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Waterkloof Wines.
Have a comment regarding Waterkloof Wines? Submit a review using the form above.

  • SHARE WATERKLOOF WINES: