Waterfall Cove

Waterfall Cove
Beverly
Contact No: +27 (0)76 753 2754
visit website

ABOUT WATERFALL COVE

WATERFALL COVE is ‘n ALLES-IN-EEN, ENKEL-FUNKSIE venue wat in die Riparian Woud op die oewer van die Krokodilrivier geleë is. Ons span streef daarna om lewenslange verhoudings met ons kliënte te bou. Danksy ons passie, dryfkrag, fyn koördinasie tegnieke en goeie beplanning verseker ons dat elke paartjie se spesiale geleentheid seepglad verloop.

Koördinering en Beplanning

By Waterfall Cove besef ons hoe belangrik jou troudag is, en dus ons glo dat hierdie spesiale geleentheid julle persoonlikheide moet weerspieël. Ons hoof prioriteit is om te verseker dat julle troue absoluut perfek is, van begin tot einde – want daar is immers geen tweede kanse nie!

Ons gee elke bruidspaartjie die geleentheid om 4 tot 6 weeklikse werkswinkels van 1.5 uur by te woon – vanaf die besprekingsdag tot die troudag. ‘n Hoogs gekwalifiseerde troubeplanner/koördineerder sal ‘n onmoeting met julle reël, hetsy op ‘n Sondag of ‘n weeksaand (na ure/werksure), en dan saam met julle werk ‘n droom troue te beplan en ontwerp.

Die koördineerder dek die volgende elemente van die groot dag:

  • Gastetafels
  • Bruidstafel
  • Koektafel
  • Geskenketafel
  • Voorportaal
  • Kosbedienings-area
  • Kapel
  • Algemene troureëlings
  • Spyskaart beplanning
  • Tydsbeplanning
  • Tafelplan
  • Tafel-uitleg

Gedurende die werkswinkels sal ons fisies die gastetafel, bruidstafel en kerkbanke uitlê sodat julle presies kan sien hoe dit op die dag gaan lyk. Dit vat gemiddeld 5 tot 8 werkswinkels, afhangende van die gekose tema, om die troue in geheel te ontwerp en beplan. 

Een maand voor die troue sal ons alles stap-vir-stap met julle deurgaan om te verseker dat elke detail in plek is. 

Sodra al die RSVPs in ontvangs geneem is, sal ons die tafel-uitleg en tafelplan finaliseer.

Een week voor julle troue sal ons ‘n oefenlopie doen, waar ons deur al die formaliteite en moontlik struikelblokke werk om julle volkome gemoedsrus te verseker.

Venue Dekor

Ons gedugte span het oorgenoeg ervaring om ‘n verskeidenheid trou temas te onwerp en uit te lê. Al die troudekor by Waterfall Cove is gratis beskikbaar vir die paartjie se gebruik. Bederfbare items soos kerse, batterye vir feeliggies, servetversierings, blomme, persoonlike skryfbehoeftes en tissue-papier is egter vir die paartjie se eie rekening. Wat materiale betref, het ons ‘n wye verskeidenheid ofganza en taffeta waarvan julle kan kies; indien ons nie ‘n kleur in voorraad het nie, sal ons dit in die hande kry (teen geen addisionele koste nie).

Kontak ons gerus vir meer inligting oor die verskeidenheid huuritems wat beskikbaar is by Waterfall Cove.

Akkommodasie

Waterfall Cove bied akkommodasie vir gaste en die bruidspaar – dit sluit in:

  • 12 x gastekamers
  • 2 x familiekamers
  • 1 x bruids-suite
  • 3 van die gastekamers en die bruids-suite is in die troupakket ingesluit – vir die dag en aand van die troue.

In geval van kragonderbrekings by die venue, skop Waterfall Cove se 60 KVA kragopwekker outomaties in.

Ons het ook ‘n baie spesiale ritueel begin, in ‘n poging om ons rivier te rehabiliteer. Elke bruidspaar word die geleentheid gegun om op hul troudag ‘n inheemse boom op die venue se gronde te plant (Waterfall Cove se geskenk aan die paartjie).

Die bruidegom hoef bloot die boom op te lig en in posisie te plaas – ons span sal die res doen. 

Die Waterfall Cove trouvenue verskaf die volgende fasiliteite:

  • Lugverkoelde saal vir groot of klein troues (insluitende die kroeg)
  • Kapel (binne of buite beskikbaar)
  • In-huis koördineerder
  • Beplanning en koördinasie van maandelikse werkswinkels
  • Parkering
  • Sekuriteit
  • Rolstoel-toegang
GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Waterfall Cove.
Have a comment regarding Waterfall Cove? Submit a review using the form above.

  • SHARE WATERFALL COVE: