Vrede en Lust

Vrede en Lust
Yolanda
Contact No: +27 (0)21 874 1611
visit website

ABOUT VREDE EN LUST

Vrede en Lust is in die hartjie van die wynland geleë, 'n besonderse en asemrowende venue waar elke paartjie se droom troue 'n asemrowende werklikheid kan word. Die geskiedkundige Kaaps-Hollandse argitektuur, ryg wingerde en ongelooflike berglandskap, gekombineer met eersteklas diens en besonderse aandag aan detail, maak Vrede en Lust die ideale bestemming vir jou troudag. Kom loer gerus in en laat die romantiese landskap julle self vertel!

Sou julle besluit om Vrede en Lust as trouvenue te bespreek, word die plaas so te sê julle s'n vir die dag, dus het julle die opsie om van venues te verander met verloop van die dag (van drankies na seremonie en onthaal). Spyseniering word deur die vernuftige span van Cotage Fromage verskaf, wat die hele beplanningsproses selfs nog meer gerieflik maak.

Die Vineyard Terrace is ons trots en spog met 'n skouspelagtige uitsig oor die fabelagtige landskap. Díe sprokiesagtige onthaalarea beslaan 'n allemintige 300 vierkantemeter, waarvan 250 vierkantemeter deur 'n permanente dak bedek is. Dan is daar die geskiedkundige wynkelder, ideaal vir 'n romantiese wintertroue, met 'n vloerspasie van meer as 300 vierkantemeter en permanente kombuis en toiletgeriewe.

Vir troues wat oor naweke plaasvind, bied ons gerieflike naweek pakkette wat venue-gebruik en akkommodasie van die Vrydag tot die Sondag insluit.

Ons tarriewe sluit die volgende in:

  • Akkommodasie vir 22 gaste in 11 luukse dubbelkamers (insluitende 3 kothuise en die luukse Manor House).
  • Ontbyt by Cotage Fromage Restaurant en Deli.
  • Volle toegang tot die swembad by die Manor House. Die swemgeriewe kan ook vir 'n funksie voor of na die troue gebruik word.
  • Volle gebruik van ons geskiedkundige wynkelder en Vineyard Terrace met sitplek vir 140 gaste.
  • 'n Uitgestrekte grasperk wat uitkyk oor die Franschhoek berge en wingerde, ideaal vir 'n onvergeetlike buitelugseremonie.
  • 'n Lieflike onthaalarea, geskik vir verwelkomingsdrankies en versnaperings.
  • Eksklusiewe toegang tot die hele wynplaas vir troufoto's (LW: dit sluit egter nie publieke areas soos die wynproe-area en restaurant in nie).
  • Gebruik van ronde en reghoekige tafels, seremonie- en onthaalstoele, messegoed en breekware (glasware nie ingesluit).
  • 'n Kragopwekker wat verseker dat die venue nooit sonder krag sal wees nie.
  • Sou die troue in die middel van die week plaasvind – d.w.s Maandag tot Donderdag – kwalifiseer julle vir 'n 15% afslag.

Kontak gerus vir Yolanda om die landgoed te besoek en die nodige reëlings vir jou spesiale dag te tref.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Vrede en Lust.
Have a comment regarding Vrede en Lust? Submit a review using the form above.

  • SHARE VREDE EN LUST: