Umngazi River Bungalows & Spa

Umngazi River Bungalows & Spa
Molly van Niekerk
Contact No: +27 (0)47 564 1115
Contact No: +27 (0)47 564 1116
Mobile: +27 (0)82 312 5841
Address: GPS: S 31 36.680 - E 29 25.938
Mobile: +27 (0)82 312 5842
Fax: +27 (0)86 6251070
visit website

ABOUT UMNGAZI RIVER BUNGALOWS & SPA

In die hartjie van die Pondoland, lê Umngazi River Bungalows & Spa – ‘n bekroonde vakansieoord wat omring is deur inheemse woude, versteekte baaie en asemrowende vistas oor die Indiese Oseaan.

Die luukse rietdakhuisies spog met inheemse tuine wat die ideale ambians vir ‘n ontspanne wittebrood skep. Spandeer idilliese dae op versteekte strande, wandel deur die woud, verken die sprokiesagtige manglietmoerasse, roei met ‘n kanoe by die rivier op en verlustig jou in die natuurlike skoonheid van die ongerepte kuslyn. Vissermanne kan die geleentheid aangryp om die vlieghengel waters in te vaar, terwyl die meer waaghalsige hengelaar ‘n vissie uit die see kan trek.

Ons sjef is bekend vir sy smullekker tuisgemaakte disse en plaaslike lekkernye, wat die tand laat water en die asemrowende landskap perfek komplementeer. Proe aan heerlike tuisgebak en begeerlike happies terwyl jy op die dek uitspan, of geniet ‘n romantiese ete in ons kelder of onder die Gazebo langs die rivier. Verder kan julle die dag met ‘n mengeldrankie op ‘n Fish Eagle Sunset cruise afsluit of ‘n drankie en geselsie by Basil’s Bar geniet. Dan is daar die ongelooflike spa waar jy behoorlik van kop tot tone gepamperlang kan word. Kies uit die wye verskeidenheid behandelings en laat die geluid van die branders en voëltjies jou kalmeer.

Hoe jy okal besluit om jou wittebrood by Umngazi te spandeer, dit is gewaarborg om ‘n onvergeetlike ervaring te wees. Weeklikse in-vlieg pakkette is van Vryday tot Vrydag beskikbaar, waar jy ‘n skamele 500-voet bo seevlak vlieg en dus al die natuurlike skoonheid eerstehands kan waardeer – wat ‘n fantastiese manier om die vakansie af te skop! Vir meer inligting omtrent ons romantiese wittebroods-aanbiedinge of trouvenue, kontak ons gerus of besoek ons webtuiste.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Umngazi River Bungalows & Spa.
Have a comment regarding Umngazi River Bungalows & Spa? Submit a review using the form above.

  • SHARE UMNGAZI RIVER BUNGALOWS & SPA: