Ander Verskaffers in Tuinroete

Tramonto

Tramonto
Wilma / Maryke
Contact No: +27 (0)44 870 7150
Mobile: +27 (0)84 516 8306
Fax: +27 (0)86 602 1804

ABOUT TRAMONTO

Tramonto is ‘n 5-ster venue in die mooie Tuinroete, ideaal geleë tussen George se lughawe (4km) en Fancourt (3km) en omring deur die majestueuse Outeniekwa-berge. Die venue weerspieël elegansie en styl met sy moderne Kaaps Hollandse boustyl en is die ideale venue vir jou grootste en mees spesiale dag.

Die venue bestaan uit ‘n kapel (wat 250 gaste kan akkommodeer), die kelder (wat 90 gaste kan akkommodeer met ‘n dansvloer) en die venue (wat tot en met 300 gaste kan akkommodeer met ‘n dansvloer).

Vir somertroues is die venue ideaal, aangesien al die deure oopmaak op ‘n uitsig oor die Outeniekwa-berge en groen grasperke. In die winter skep die 5 kaggels weer die warmste atmosfeer. Dus is Tramonto ideaal dwarsdeur die jaar! Die 4-ster gastehuis bied 13 en-suite kamers waarby ontbyt ingesluit is, wat ‘n wittebrood-suite en grimeer-ateljee insluit. Ons het ook ‘n lekker teetuin wat varsgebakte lekkernye bied elke dag.  Aandetes kan ook bestel word op versoek. Jy kan luukse, bekostigbare akkommodasie verwag, met die rustige plattelandse atmosfeer, tesame met uitstekende en vriendelike diens!  Ons het ook miniatuur perde wat groot vermaak vir kinders bied!

Tramonto beskik oor ‘n professionele span wat jou droomtroue in ‘n realiteit kan omskep. Ons span bestaan uit ko-ordineerders, ‘n fotograaf, 'n grimeerkunstenaar, bloemis, sjef, 'n Lady Marmalaide trourok-ateljee, Anella skoen-ateljee, asook 'n Le Delice koek-ateljee! Nie net het ons twee ko-ordineerders by die venue in George nie, maar ook ‘n voltydse ko-ordineerder wat gebasseer is in die Kaap, indien jy jou troue vanuit die Kaap wil reël. Al hierdie dienste is natuurlik nie verlpigtend nie, maar maak die reël van jou troue soveel makliker en stres-vry!                          

By ons is die fokus op detail, persoonlike diens en gasvryheid! Ons geniet die hele aanloop tot en met jou troudag saam met jou en maak seker dat die hele ondervinding sal bydrae tot ongelooflike ervaring van jou grootste dag! Dis tyd om fees te vier!!

Tramonto

The Beginning of a Journey…
                                …That Will End Up in the Sunset of Your Life.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Tramonto.
Have a comment regarding Tramonto? Submit a review using the form above.

  • SHARE TRAMONTO: