Tarn Country House

Tarn Country House
Shannon Rombi
Contact No: +27 (0)44 534 8806
Mobile: +27 (0)72 976 5450
visit website

ABOUT TARN COUNTRY HOUSE

In die beeldskone plaas distrik van The Crags, slegs twintig minute vanaf Plettenbergbaai, met die Tsitsikamma Berge in die Weste en die Indiese oseaan in die Ooste, is die asemrowende gaste huis, Tarn Country House, gelee.

Met oneindige groen grasperke, wonderskone uitsig oor die berge, natuurlike woud en meer as genoeg spasie vir 60 gaste, is ons die perfekte plek vir jou droom dag. Ons is maklik toeganklik direk vanaf die N2, maar steeds voel jy myle ver van die wereld met rustigheid en natuurskoon wat jou omring.

Ons het agt ruim gaste suites, bestaande uit of standaard dubbel en enkel suites of die meer elegante Koning suites. Elke suite is besonders met sy eie, unieke dekor, met uitsigte oor die swembad of die beeldskone berge. Die restaurant het n pragtige uitsig oor ons eie dam en onaangeraakte natuur, wat n gevoel van vrede en rustigheid mee bring, eie aan ons beeldskone omgewing. Die swembad is daar vir die lui-lekker somers dae, waar jy die uitsig kan geniet en afkoel met n yskoue drankie.

Ons span met toegewyde en vriendelike personeel en bestuur, sal verseker dat jou troudag jou grootste verwagtinge en mooiste drome oorskry. Ons standaard troue pakket is bestaande uit verblyf vir 16 gaste vir 2 aande en die ekslusiewe gebruik van Tarn Country House vir jou troudag. Ons span kan jou bystaan met alternatiewe verblyf in die nabye omgewing vir jou gaste en sal tot die fynere besonderhede vir jou spesiale dag beplan met ons span van verskaffers in die plaaslike area.

Niks is te veel moeite vir ons om jou by te staan in die beplanning en skepping van jou spesiale dag nie, al wat jy moet doen is om vir Shannon te kontak en jou troudag drome met haar te bespreuk.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Tarn Country House.
Have a comment regarding Tarn Country House? Submit a review using the form above.

  • SHARE TARN COUNTRY HOUSE: