Surval Boutique Olive Estate

Surval Boutique Olive Estate
Contact No: +27 (0)87 350 1950
Mobile: +27 (0)76 256 3519
Fax: +27 (0)44 272 8599
visit website

ABOUT SURVAL BOUTIQUE OLIVE ESTATE

Surval Boutique Olive Estate, ‘n stylvolle olyflandgoed-venue, propvol inspirasie vir jou spesiale troudag! Tesame met pragtige gemanikuurde tuine en skilderagtige natuurskoon vistas, dien dit as die perfekte agtergrond om ‘n romantiese atmosfeer aan jul spesiale dag te verleen.  Surval is ideaal vir daardie kosbare en belangrike lewenslange herinneringe, 'n alles-in-een troubestemming vir die toekomstige bruidspaartjie.

Ons troupakket is ontwerp om die bruid van hulp te wees in die beplanning van 'n suksesvolle seremonie en onthaal. Met uitmuntende spyseniering en spyskaart-opsies vir elke smaak, ‘n bekroonde wynlys, luukse verblyf en ons vriendelike Surval-span, is Surval ‘n venue vir klein asook groter troues.

Vir die onthaal en gesellighede, bied ons opsies van verskeie venues, onderdak en buitelug, met kapasiteit van 10 – 300 gaste. Wil jy jou droomtroue in ‘n tuin laat plaasvind? Ons bied ‘n opsie van 2 gazebos, omring deur pragtige tuine, waar daardie kosbare dag se herinneringe in pragtige foto’s vasgelê kan word.  Ons funksie-koördineerder is tot jou diens om jou spesiale dag haarfyn te beplan met onoortreflike persoonlike aandag.

Voorsiening word gemaak vir onvoorsiene kragonderbrekings.  ‘n 200KVA kragopwekker verseker dat jou spesiale dag ononderbroke en suksesvol afloop.

Ons sien uit om jou te verwelkom, met harlike Klein Karoo gasvryheid.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Surval Boutique Olive Estate.
Have a comment regarding Surval Boutique Olive Estate? Submit a review using the form above.

  • SHARE SURVAL BOUTIQUE OLIVE ESTATE: