Stukkies & Stokkies

Stukkies & Stokkies
Illze
Mobile: +27 (0)73 616 6199
visit website
Address: 77 Fenter street, Heidelberg

ABOUT STUKKIES & STOKKIES

Stukkies & Stokkies is 'n karaktervolle rivier oewer venue in die hartjie van Heidelberg. Hou 'n piekniek of buitelug troue in ons lowergroen tuin teen die water of romantiese feesvieringe in ons lapa en dek area wat oor die water en wilgerbome uitkyk. Stukkies en Stukkies verander in 'n prentjie-mooi wonderwereld in die aand, met liggies in die bome, en die rustigheid van die nag geluide.

Ons het 'n groot verskeidenheid spyskaart opsies om alle smake te akkommodeer en ons kok kan selfs vir die kieskeurige bruid, haar eie unieke spyskaart saamstel. Ons ontwerp die mooiste, unieke uitnodigings, trou koerantjies, tafelplasings en programme om jou dag nog meer spesiaal te maak. Ons het ook ‘n troue beplanner wat sal seker maak dat elke detail van jou spesiale dag presies lyk soos jy altyd gedroom het. Ons het 'n pragtige gastehuis, waar die bruid en haar bruidsmeisies kan mooi maak en die bruidspaar kan oorslaap.

Stukkies & Stokkies was onlangs een van slegs 13 venues wat gekies is om op ‘n eksklusiewe trou program, Vir Ewig & Altyd op ASTV, te verskyn. Stukkies & Stokkies is ook in 2014 deur Ontbytsake aangewys as een van die top 100 trou venues in Suid Afrika.

Kom ervaar gerus 'n Stukkie Hemel by Stukkies & Stokkies.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Stukkies & Stokkies.
Have a comment regarding Stukkies & Stokkies? Submit a review using the form above.

  • SHARE STUKKIES & STOKKIES: