Schalkenbosch

Schalkenbosch
Catherine
visit website

ABOUT SCHALKENBOSCH

120 km buite Kaapstad, net buide die historiese Tulbagh, lê Schalkenbosch Landgoed – ‘n rykdom van Nederlandse erfenis en omring deur skouspelagtige vistas oor berge en vallei.

Die elegante Barn op Schalkenbosch, ‘n nuut gerestoreerde gebou wat terugdateer na die 1700’s, skep die ideale sprokiesagtige agtergrond vir jou spesiale dag. Díe elegante venue is omring deur ‘n grasgroen grasperk wat strek vanaf die hoofingang tot by die Schalkenbosch Konserwasie Landgoed en Wingerde, en spog met ‘n ongelooflike uitsig oor die Witzenberge. Die venue kan beide binne- en buitelug troues akkommodeer, en is ideaal vir intieme geleenthede asook troues waar tot en met 100 sittende gaste geakkommodeer moet word (of selfs 180, indien die stoep en grasperk met ‘n strektent bedek word).

Indien jy droom van ‘n tuintroue, oorweeg gerus die fyn gemanikuurde tuin buite die Schalkenbosch Herehuis – ‘n nasionale monument met ‘n rietdak en Kaap-Hollandse afwerkings. Die sprokiesagtige area spog met panoramiese vistas oor die Tulbagh vallei en Witzenberge. Die Herehuis self is net geskik vir buitelug troues, en onthale kan onder ‘n strektent of markiestent gehou word indien die weer nie lekker saamspeel nie.

Verwelkom jou gaste met drankies onder die akkerbome, bepan ‘n onvergeetlike buitelug seremonie, en vier fees met ‘n onvergeetlike tuinonthaal op die gronde van ‘n landgoed wat meer as ‘n honderd jaar oud is en in 1792 gebou is.

Daar is ook drie selfsorg kothuise op die Schalkenbosch Landgoed – die ideale tweede tuiste vir die bruide en bruidegom en hul familie. Boonop is dit ‘n klipgooi vanaf die funksievenue, sodat julle op julle gemak kan regkry vir die groot dag sonder ‘n gehaas.

  • Ons kan ook groter samekomste akkommodeer, buite beide die venues.
  • Schalkenbosch Wynplaas is die ideale sprokiesagtige venue vir troues en spesiale feesvieringe.
  • Die venue is naby Wolsely Straat geleë, en slegs ‘n paar minute buite Tulbagh.
GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Schalkenbosch.
Have a comment regarding Schalkenbosch? Submit a review using the form above.

  • SHARE SCHALKENBOSCH: