Penwarn Country Lodge

Penwarn Country Lodge
Contact No: +27 (0)33 7011368
Mobile: +27 (0)76 790 2419
Fax: +27 (0)86 611 6439
visit website

ABOUT PENWARN COUNTRY LODGE

PENWARN is 'n asemrowende plattelandse venue wat spesialiseer in onspanne, prettige troues en die meeste maak van die beeldskone omgewing waarin dit geleë is. Meeste van die seremonies wat hier gehou word is buitelug-geleenthede – met 'n prentjiemooi uitsig oor die dam, onder die akkerbome, op die eiland of in die buitelug kapel. Tog hou ons streng by ons filosofie dat elke troue uniek moet wees en daarom moedig ons paartjies aan om self 'n plekkie op die eiendom te kom uitsoek wat hul sprokiesprentjie pas. Die skouspelagtige omgewing beloof boonop tydlose foto's wat jy vir altyd sal koester.

Wat die onthaal betref, is PENWARN se eetkamer ideaal vir kleiner troues deurdat dit tot 50 mense kan akkommodeer, terwyl die rietdak lapa langs die kroeg perfek is vir groter troues. Ons spyskaarte is uit die boonste rake en kan aangepas word om elke paartjie se smaak en troudag tema te pas. 

Ons span staan ook gereed om jou te help met die organisering van jul trounaweek en jy kan self besluit hoe betrokke ons moet wees. Met al die nodige kontakte in ons boekie, kan ons die hele troue koordineer (wat insluit die huur van toerusting, platejoggie, bestelling en rangskikking van blomme, fotograaf, ens.) of bloot 'n handjie bysit om te verseker dat die naweek self seepglad verloop.

PENWARN COUNTRY LODGE kan met tot 55 gaste akkommodeer en ons kan verdere reëlings tref om akkommodasie vir gaste by omliggende venues te organiseer. Wanneer julle PENWARN as jul trouvenue kies, is die hele landgoed eksklusief vir julle gebruik van die Vrydag tot die Sondag.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Penwarn Country Lodge.
Have a comment regarding Penwarn Country Lodge? Submit a review using the form above.

  • SHARE PENWARN COUNTRY LODGE: