Oxbow Country Estate

Oxbow Country Estate
Contact No: +27 (0)13 932 8000
Mobile: +27 (0)83 302 0575
visit website

ABOUT OXBOW COUNTRY ESTATE

Diep in ‘n vallei, op die bank van die Osspruit Rivier, lê Oxbow Country Estate – ‘n asemrowende plattelandse trouvenue en Gauteng se vooraanstaande vlieghengel bestemming. Met Pretoria, Johannesburg en Witbank wat slegs ‘n uur se ry weg is, bied Oxbow Country Estate gerieflike plattelandse ontsnapping van die stad se gejaag – ‘n ontspannende wegbreek vir liggaam en siel.

Ons werk nouliks saam met Moeder Natuur en koester elke geskenk wat sy aan ons beskikbaar stel. Ons hoogs ervare chef en haar span gaan tot die uiterstes om te verseker dat net die varsste bestanddele gebruik word in die delikate voorbereiding van die watertand disse op ons spyskaart.

Die pragtig gemanikuurde tuine spog met ‘n skouspelagtige uitsig oor die kabbelende Oxbow waters. Daarmee tessame bied ons jou die asemrowende Riverbed Hall, intieme kapel en luukse akkommodasie, asook ‘n toegewyde span wat uit hul pad uit gaan om elke paartjie se ervaring by Oxbow Country Estate absoluut onvergeetlik te maak.

Oxbow Country Estate bied die volgende fasiliteite:

  • Hoogs aangeskrewe 4-ster venue vir troues en spesiale geleenthede wat spog met uitsonderlike kos, diens en eksklusiwiteit. ‘n Koördineerder is ingesluit en beskikbaar op die dag van jou geleentheid, asook gedurende die opstel en uitleg van die fabelagtige Riverbed Hall met sy panoramiese uitsig oor die skitterende waters.
  • ‘n Luukse wittebroodsuite asook gemaklike aantrekkamers vir die bruid en bruidegom.
  • Gemaklike akkommodasie – veertien stylvolle dubble/tweeling kamers met en-suite badkamers, ideaal vir gaste wat van ver af reis om jou spesiale dag by te woon.
GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Oxbow Country Estate.
Have a comment regarding Oxbow Country Estate? Submit a review using the form above.

  • SHARE OXBOW COUNTRY ESTATE: