Oakfield Farm

Oakfield Farm
Contact No: +27 (0)11 933 3464
Fax: +27 (0)86 523 9674

ABOUT OAKFIELD FARM

Oakfield se keurige landelike Engelse tuine en indrukwekkende ou bome getuig van ʼn tradisieryke plaas met ʼn geskiedenis van een honderd en vyftig jaar. Sy pragtige agtergronde maak die oord besonder gewild onder fotograwe. Hoewel daar drie onthaallokale is, is hulle van mekaar verwyder en het elk sy eie parkering en geriewe wat ʼn eie privaat aantrekkamer insluit. Die lokale is volkome van glas gebou wat die tuine binnetoe bring.

Oakfield Farm spesialiseer nou al vir meer as 20 jaar eksklusief op troues maar sy innoverende benadering en voortgesette opgradering van fasiliteite verseker dat dit deurentyd vars en aan die voorpunt bly. Geen lokaalhuur word gehef nie maar daar word van kliënte verwag om meer op die spyskaart te bestee tydens spitstye of vir kleiner troues. Sodoende word uitstekende cuisine en waarde vir geld verseker.

Slegs ʼn viergang maal word aangebied. Buite-spitstyd en korttermyn pryse begin by R280. Die Wittebrood Suites voorsien volkome privaatheid. Addisionele akkommodasie word deur ʼn gastehuis verskaf. Verskeie ander aanbevole verblyfopsies, met ʼn vervoerdiens, sluit in bekostigbare gastehuise tot luukse hotels. Die troupakket omvat ʼn groot verskeidenheid dekor-items met inbegrip van ʼn perdekar en perd, vredesduiwe en selfs gratis verwelkomingsdrankies vir gaste by hul aankoms.

Twee uiters gewilde Bridal Expo’s, wat met Oakfield se tradisionele doeltreffendheid en warmte aangebied word, is die moeite werd om by te woon. Besoekers geniet persoonlike en vriendelike diens, dikwels deur die eienaar self. Die oord se gerieflike ligging maak dit die ideale plek om jou soektog te begin.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Oakfield Farm.
Have a comment regarding Oakfield Farm? Submit a review using the form above.

  • SHARE OAKFIELD FARM: