Oak House

Oak House
Carlen Davel
Contact No: +27 (0)12 734 1857
Mobile: +27 (0)72 274 8259
Fax: +27 (0)12 734 2643
Address: 103 Oak Avenue, Cullinan, 1000
visit website

ABOUT OAK HOUSE

Oak House is gelee in die hartjie van die klein myn dorpie, Cullinan Noord van Pretoria. Hierdie geskiedkundige dorpie is bekend vir sy natuurlike skoonheid en natuurlik sy diamante. Oak House is die perfekte venue om beide hierdie aspekte ten volle te waardeer en te ervaar. Die ou sandsteen gehou is opgerig in die vroee 1900's vir die algemene bestuurder van die Diamant myn op die tyd.

Die wereld bekende Cullinan diamant, wat as geskenk aan die Koningin van Engeland gegee is was voorheen gestoor in die kluis wat vandag nog staan in ons Wittebrood kamer by Oak House venue. Hierdie spesiale geleentheid in geskiedenis vorm 'n integrale deel van die atmosfeer en gevoel van Oak House se wittebrood kamer asook die gastehuis.

Die wereld bekende Sir Herbert Baker het die Anglikaanse kapel ontwerp wat slegs 'n paar meter is vanaf Oak House, dis in hierdie besonderse kapel waar ewige trou aan mekaar beloof word.

Ons banket saal is 'n merkwaardige struktuur waar ou en nuwe aspekte mekaar ontmoet om 'n klassieke gevoel te skep, waarmee elke bruidspaar hul eie stempel kan afdruk met hul dekor en temas. Die hoe dak kappe asook die wit hout skuif deure tesame met die sink vorm 'n unieke tog asemrowende atmosfeer vir enige spesiale geleentheid.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Oak House.
Have a comment regarding Oak House? Submit a review using the form above.

  • SHARE OAK HOUSE: