MonCherie Wedding Venue

MonCherie Wedding Venue
Charl of Cecile v.d Merwe
Mobile: +27 (0)82 888 4548
Mobile: +27 (0)83 628 0458
visit website

ABOUT MONCHERIE WEDDING VENUE

By MonCherie Wedding Venue​ bied ons al die dienste wat nodig is om die perfekte troue te beplan!

Ons ervare funksiekoördineerder sal jou adviseer oor alle aspekte van jou funksie en die stres van die beplanning van jou droomdag vir jou vergemaklik.

  • Ons sorg vir die dekor wat jy nodig het: 'n verskeidenheid van dekor style en temas is beskikbaar ... Die keuse is joune!
  • Ons omgewing en terein bied asemrowende agtergronde vir pragtige foto's - ideaal om elke spesiale oomblik vas te vang in 'n aanskoulike beeld!
  • Die spyseniering word deur 'n professionele sjef, wat met groot passie die geregte van jou keuse berei. Die spyskaart word vooraf bespreek en die disse word keurig voorberei om by die bruidspaar se begroting en behoeftes aan te pas. Maksimum gaste: 150.
  • Ná die seremonie vergader die gaste in die venue met 'n aangrensende opelug-boma. 'n Gelisensieerde kroeg hier bied alles wat nodig is vir die dors - jy kan besluit op 'n oop kroeg of 'n kontantkroeg.
  • Op die troudag, die bruids kamer is vir die uitsluitlike gebruik van die bruid! Hier is waar sy kan bederf word deur haar bruids- en ander helpers om 'n ontspanne bruid te verseker, terwyl sy haar beeldskoonste gesig opsit! Pragtig vir 'n paar spesiale foto's ook!
  • Die romantiese Boabab kapel akkommodeer 150 gaste en is ontwerp vir die mees intiemste seremonies. Vir meer avontuurlustige paartjies kan 'n opelug-seremonie langs die Soetdoringsdam, of in ons pragtige inheemse tuine gereël word.

Om 'n perfekte dag af te sluit kry die pas-getroudes die aand in ons luukse, pragtige, grasdak honeymoon suite - "Sweet Thorn Honeymoon Suite". 'n Private tuin en jacuzzi dra by tot die sjarme van die suite. Die oornagverblyf hier is ons trougeskenk aan die paartjie - dit sluit in 'n bottel vonkelwyn en 'n raaiselmandjie om by te voeg tot die pret!

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for MonCherie Wedding Venue.
Have a comment regarding MonCherie Wedding Venue? Submit a review using the form above.

  • SHARE MONCHERIE WEDDING VENUE: