
Droom jy van 'n Bosveld troue, waar die son op die horison agter julle sak terwyl julle ewige trou beloof aan mekaar? Waar die windjie ritsel deur die blare van 'n groot Maroela boom terwyl jou gaste drankies geniet saam met die gelukkig paartjie? Ons wil jou drome bewaarheid!
Monate Game Lodge is geleë slegs 160km van Pretoria, naby Nylstroom, en is die perfekte naweek-troue bestemming. Ons bied akkommodasie vir 55 gaste op die perseel, met ander akkommodasie opsies in die omgewing beskikbaar. Ons spesialiseer in buitelug-troues en bied opsies soos 'n reuse rots-vy of 'n maroelaboom vir die seremonie, en 'n bosboma onder die sterre vir die onthaal. Die venue word eksklusief vir die troue uitgeboek, slegs vir jou en jou gaste. Ons sluit ook 'n professionele troukoordineerder in by jou pakket, sodat jy weet jou grootste dag is in goeie hande. Pakkette beskikbaar op aanvraag.
There are currently no reviews for Monate Game Lodge.
Have a comment regarding Monate Game Lodge? Submit a review using the form above.