Klein Bottelary

Klein Bottelary
Elmarene
Contact No: +27 (0) 903 6282
Mobile: +27 (0)83 253 8693
Fax: +27 (0)86 548 3000

ABOUT KLEIN BOTTELARY

Klein Bottelary geleë in die Bottelary Heuwels is 'n ware juweel vir jou spesiale dag. Dit is privaat en die uitsig asemrowend, fantastiese kos en uitstekende diens.

Die karakter en sjarme van ons lieflike Herehuis kan nie beskryf word nie - jy moet dit self kom ervaar.

In die Herehuis kan ons tussen 60-120 gaste laat aansit met 'n dansbaan. Die Herehuis is voltooi gedurende 1758. Klein Bottelary is vandag nog in die besit van die oorspronklike familie.

Die voorkamer het pragtige geelhout plafonne met ingvoerde kandelare. Die breë vensterbanke en rame is ook van hout en daar is ook verskeie oorspronklike antieke meubels om die gevoel van outydse sjarme weer te gee.

In die Kelder wat gedurende die 1800's gebou is het die Fischer familie oor die afgelope dekades verskillende pryse gewen vir die uitstekende wyne wat hulle gemaak het.

Intussen het ons besluit om die Kelder met sy lieflike hout plafonne en "rustic" karakter te gebruik as 'n kapel vir ons trou paartjies. Daar is ook 'n area waar "pre-drinks" aangebied word.

Kontak ons gerus vir meer inligting omtrent Klein Bottelary

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Klein Bottelary.
Have a comment regarding Klein Bottelary? Submit a review using the form above.

  • SHARE KLEIN BOTTELARY: