Ithala Game Reserve

Ithala Game Reserve
Allan Smale
Contact No: +27 (0)34 983 2540
Fax: +27 (0)34 983 2566
visit website

ABOUT ITHALA GAME RESERVE

Ithala Wildreservaat

Ithala Wildreservaat bied ‘n wye verskeidenheid venues, ideaal vir die bruidspaar wat opsoek is na ‘n ware Afrika bos-ervaring.

Wat die wittebrood betref, bied díe natuurliefhebbers-paradys paartjies ‘n keuse tussen ‘n geheime wegbreek in die hartjie van die reservaat en luukse akkommodasie in die Lodge. Die Lodge is omring deur inheemse tuine en kan tot 172 gaste in chalets akkommodeer. Vir ekstra privaatheid, oorweeg dit gerus om die hele Reservaaat vir die troudag te bespreek.

Die goue graslande, sprokiesagtige bosveld, kronkelende riviere, diep valleie en die eeu-oue klipkoppies vorm saam ‘n skouspelagtige agtergrond vir jou kosbare troufoto’s. 

Ithala Wildreservaat is tussen Durban en Gauteng geleë, in noordelike KwaZulu-Natal, en is sonder twyfel een van Suid-Afrika se mees skouspelagtige parke. Wat natuurlewe betref, kan jy verwag om ‘n verskeidenheid rare plantspesies te sien asook dierelewe soos die luiperd, olifant, wit en swart renoster, eland, tsessebe, kameelperd, Verreaux arend, volstuise en sekretarisvoëls, om maar net ‘n paar te noem.

Venue Fasiliteite:

  • Restaurant
  • Kroeg
  • Koffiewinkel
  • Boma
  • Konferensiesentrum
  • Winkeltjie
  • Parkering
  • Staproetes (met ‘n gids)
  • Wildritte
  • Bergfietsroetes (bring jou eie fiets)
  • Swembad
  • TV
  • Piekniekareas binne die park
  • 4 x 4 roetes
  • Kampeerterrein
  • Bosveld lodge
  • Vliegveld (reëlings vir landings moet vooraf met ontvangs getref word)
  • Kinderspeelparkie
GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Ithala Game Reserve.
Have a comment regarding Ithala Game Reserve? Submit a review using the form above.

  • SHARE ITHALA GAME RESERVE: