Ander Noord-Wes Venues

Hunters Rest Hotel

Hunters Rest Hotel
Sonne Groenewald
Contact No: +27 (0)14 537 8300
Fax: +27 (0)87 230 6480
visit website

ABOUT HUNTERS REST HOTEL

Hunters Rest Hotel is geleë in die Magaliesberge, net 1½ uur vanaf Johannesburg en Pretoria. Die venue is boonop onlangs opgeknap om die perfekte agtergrond vir jou perfekte sprokiestroudag te skep.  

Ons bied ‘n wye verskeidenheid aktiwiteite en geriewe om die bruidspaar en gaste te akkommodeer en vermaak. ‘n Skemerkelkie dek wat uitkyk oor die berge in ons reservaat, ‘n nuutgeboude kapel, ‘n buitelug boma wat tot 300 sittende gaste kan akkommodeer, ‘n ongelooflike nuwe spa, en vele meer. 

Daar is boonop hope aktiwiteite om die kinders besig te hou – van ‘n plaas met diere, ‘n verhitte swembad tot ‘n putt-putt baan en mini sokkerveld, asook kinderoppassers om ‘n ogie te hou. Vir die meer akteiwe gaste bied ons bergfietsroetes, ‘n gholfbaan, tennis- en vlugbalbane en ‘n gymnasium vir heelnaweek vermaak. 

Die pragtige kroegarea spog met ‘n balkon en bied ‘n skouspelagtige uitsig oor die berge – ideaal vir die skemerkelkie. 

Ons splinternuwe spa sit teen die hange van die berge, ‘n entjie weg van die hotel vir maksimum ontspanning en privaatheid. Die geriewe sluit onder andere ‘n sonbed, sauna, buitelug Jacuzzi en haarsalon, en ons terapeute bied alle nodige behandelings om die bruid, bruidegom en bruidsparty voor die troudag te pamperlang.

Om jou troue te beplan kan ‘n uitputtende affêre wees, en daarom het ons ‘n lang lys troubeplanners en verskaffers wat ons met vrymoedigheid kan aanbeveel. 

Ons het altesaam 91 kamers, omring deur ongelooflike vistas en subtropiese tuine.  So kan jy dus alreeds jou troue op die Vrydag afskop en die hele hotel vir jou en die gaste bespreek. Al ons kamers het ‘n privaet badkamer, WIFI, telefoon, radio, DSTV, lugverkoeling en ‘n koffiemaker.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Hunters Rest Hotel.
Have a comment regarding Hunters Rest Hotel? Submit a review using the form above.

  • SHARE HUNTERS REST HOTEL: