Hudsons Wedding Venue

Hudsons Wedding Venue
Contact No: +27 (0)21 881 3590
visit website
Address: Vredenheim Wine Estate – R310 Baden Powell Drive – Stellenbosch Wine District – Western Cape

ABOUT HUDSONS WEDDING VENUE

Welkom by Hudson’s op Vredenheim Wynlandgoed. Ons bied ’n pragtige, rustige omgewing met ’n manjifieke uitsig, uitsonderlike dekor, disse wat deur ons ervare en toegewyde sjefs voorberei is, asook toegewyde diens en persoonlike aandag deur ons eie beplanner en span.

Hudson's se tuin

Ons uitgestrekte tuin spog met ’n prentjiemooi dam en blomme, asook ’n lifelike uitsig op die berg. Dit maak ons die perfekte ligging vir trouseremonies, jaareindfunksies, pieknieke, fotosessies, en ander geleenthede.

Saal - 50 tot 120 gaste

Ons groot funksievertrek se uitleg kan aangepas word om van 50 to 120 gaste te onthaal. ’n Unieke veseloptiese sterrehemelplafon, spieëls, en kandelare met sowat 60 kg se perfekte Egiptiese kristalle skep ’n betowerende atmosfeer. Hierdie omskepte skuur maak oop op ’n pragtige uitsig van die tuin en dam, met die berge in die agtergrond. Die funksievertrek is perfek vir ’n trou-onthaal, verjaardagvieringe, en korporatiewe geleenthede. Kleiner geleenthede met minder as 50 gaste kan in ons restaurant of pragtige buite-areas onthaal word.

Ons antieke kroeg langsaan die funksievertrek is handgemaak uit Birmaanse kiaat en is vir 111 jaar gebruik as die kaartjietoonbank by Kaapstad Stasie. Die kroeg is volledig toegerus met wyn, bier, sterk drank, likeur, koeldrank, en ons eie, entoesiastiese kroegmanne.

Solder - 100 tot 300 gaste

Die eksklusiewe soldervertrek is op Hudson’s se eerste vloer. Dit is ideaal vir 100 tot 300 gaste en spog met dubbelvolume-plafonne en weergalose uitsig op ons netjiese tuin en die Helderberge. Die solder is uitsonderlik gemeubileer met ons kenmerkende kristalkandelare en spog ook met sy eie handgemaakte houtkroeg, sitkamerareas, en ’n buitedek aan die voorkant van die gebou. ’n Hysbak is beskikbaar vir gestremde gaste.

Eksklusiwiteit

Hudson’s sluit om 16:30 vir instapgaste. Daarná is die hele venue, insluitend die kroeg, binne-area en tuin, vir die eksklusiewe gebruik van die gasheer en gaste. Oggend- of vroegmiddagtroues is ook beskikbaar.

Die ABIA (African Bridal Industry Academy) het Hudson’s die afgelope twee jaar met goud bekroon as die beste wynlandgoed-onthaalvenue in die Kaap, en Hudson’s het ook die kortlys gehaal vir die blomontwerp- en versierdertoekennings.

  • Groot, netjiese, uitgelegde tuin met dam, blomme en asemrowende uitsig
  • Twee bekroonde, eksklusiewe venues waarin 50 tot 300 gaste onthaal kan word
  • Toegewyde interne beplanner, blomme en dekor
  • Toegewyde spyseniering
GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Hudsons Wedding Venue.
Have a comment regarding Hudsons Wedding Venue? Submit a review using the form above.

  • SHARE HUDSONS WEDDING VENUE: