High Hopes of Greyton

High Hopes of Greyton
Stephanie Burger
Mobile: +27(0)83 724 0419
visit website

ABOUT HIGH HOPES OF GREYTON

Stephanie's Weddings, met 'n passievolle kreatiewe oog, het met High Hopes saamgesmelt om 'n onvergeetlike trou onthaal te skep vir bruide wat 'n klein intieme en unieke troue wil hê.

Geleë in pragtige Greyton met asemrowende uitsigte, idillies en prentjie mooi, is Greyton aan die voet van die Riviersonderend berge, omtrent 'n uur se ry vanuit Kaapstad in die Overberg distrik van die Wes-Kaap. Greyton bied stadsmense die perfekte plek om weg te kom van die gewoel en geraas na die perfekte plek van vrede en rustigheid. Greyton is omtrent 150 jaar gelede gestig, en het 'n gewilde dorpie geword om troues te bevestig, vanweë die artistiese gevoel van die dorp met sy manjifieke uitsigte. In die hartjie van hierdie pragtige dorpie vind ons vir High Hopes. Hierdie is 'n ontspanne trou plek en gastehuis, bekend vir sy kwaliteit diens, luukse akomodasie, en ongelooflike tuin troues en onthale.

High Hopes is perfek vir tuin troues met 'n groot area met ingeslote bome, asook 'n sondak van bome wat die area teen die son beskerm. Dit is die perfekte plek vir 'n buite onthaal omring met pragtige natuur en rustige klanke van water wat vloei. Ons buite onthale is baie populêr by eksklusiewe bruide wat soek na 'n dag troue met 'n laat middag onthaal. High Hopes bied aan 'n roos boog of 'n pragtige dam vir die trou seremonie. Ons bied ook aan 'n onthaal wat kan plaasvind onder 'n wit Bedoeïene-tent wat strek vanaf die sitkamer tot by die dam area. Dit sal 'n gevoel skep vir die hele troue, en sal die perfekte instelling wees vir 'n anders gevoel vir die troue.

Vir alle besigtigings of besprekings kontak vir Stephanie

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for High Hopes of Greyton.
Have a comment regarding High Hopes of Greyton? Submit a review using the form above.

  • SHARE HIGH HOPES OF GREYTON: