Gelukkie

Gelukkie
Cindy
Contact No: +27 (0)22 752 2001
visit website

ABOUT GELUKKIE

Die troudag is een van die spesiaalste dae in enige mens se lewe… so hoekom dit nie op een van die spesiaalste plekke vier nie? Gelukkie is ‘n ongelooflike venue wat op die Weskus geleë is – ‘n ware juweel! Ons bied ‘n stel troupakkette wat elke bruidspaar se behoeftes in ag neem om so te verseker dat jou droomdag ‘n werklikheid word.

Gelukkie is nommerpas vir paartjies wat ‘n venue met daardie ietsie “anders” soek en droom van ‘n opwindende en unieke troue. Die venue is intiem en rustiek-sjiek, en kan ‘n maksimum van 80 gaste akkommodeer teen ‘n prys wat jou nie in die skuld sal dompel nie. Gelukkie is slegs 2 minute vanaf die naaste klein vissersdorpie, wat jou dus die volle kustroue ervaring gee asook privaatheid van die dorp se gewoel en werskaf. 

Ons het kontrakte met verskeie bekroonde verskaffers in die area, almal met hope ervaring in die organiserings van strandtroues. Na afloop van jou onthaal langs die see, kan bruidspaar en gaste terugkeer na Gelukkie vir ‘n sprokiesagtige tuinonthaal in ons binnehof.

Sou ‘n strandtoure nie heeltemal binne jou smaak en styl val nie, het jy die opsie om die seremonie in ons tuin te hou – teen geen addisionele koste nie. Alle spyseniering, dekor, blomme en troukoördinering kan deur ons hoogs talentvolle span hanteer word sodat jy bloot kan fokus op jou geliefde en gaste. Gelukkie het ook twee pragtige kothuise wat elk twee mense kan akkomodeer, en die gebruik daarvan is by ons troupakkette ingesluit. 

Ons span het meer as 50 jaar se gesamentlike ervaring in die trouindustrie en die venue het al in vele dekor publikasies verskyn. Ons spesialiseer ook in kleiner troues (maksimum 30 gaste) en bied ‘n Klein Troue pakket wat vir die begrotings-bewuste bruidspaar ontwerp is. Kontak ons vandag nog vir meer inligting of vir ‘n volledige informasie pak met al ons pakkette.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Gelukkie.
Have a comment regarding Gelukkie? Submit a review using the form above.

  • SHARE GELUKKIE: