Everwood Country Weddings

Everwood Country Weddings
Vanessa Cooper
Mobile: +27 (0)83 384 5002
Fax: +27 (0)86 513 8201
visit website

ABOUT EVERWOOD COUNTRY WEDDINGS

Julle gaan trou!  Hoe opwindend!  Noudat jy die liefde van jou lewe gevind het, is die volgende punt op die agenda, buiten jou asemrowende trourok, om die perfekte venue te vind. Jul troudag is een van die belangrikste dae van jul lewens en juis daarom glo ons dat ons by Everwood Country Wedding Estate julle as bruidspaar eindelose voordele kan bied.  In ons hande sal jul troudag soos 'n droom ontvou - ons sal alles in ons vermoë doen om jul ideale te laat realiseer en daardeur te verseker dat dit die BESTE en onvergeetlikste dag van jul lewens is!

Ons skilderagtige semi-buitelug kapel (R1300) is omring deur immergroen boomryke tuine en spog met 'n skouspelagtige noordelike uitsig.  Everwood is ideaal vir daardie kosbare en belangrike lewenslange herinneringe.  Tesame met die pragtig gemanikuurde tuine en natuurlike velde dien die oorspronklike bouval as ‘n perfekte doek om ‘n romantiese atmosfeer aan jul troufoto’s te verleen.  Julle sal beslis nooit weer so baie in een dag glimlag nie!!  Vir die onthaal en gesellighede, bied ons ‘n elegante gedrapeerde banketsaal (R5500).  Die saal kan ongeveer 80 tot 250 sittende gaste gemaklik akkommodeer en sal verseker dat gaste tot die vroeë oggendure sal wil kuier. Spyskaarte wissel vanaf R220 per persoon.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Everwood Country Weddings.
Have a comment regarding Everwood Country Weddings? Submit a review using the form above.

  • SHARE EVERWOOD COUNTRY WEDDINGS: