Edenheim

Edenheim
Mariki of Xannie van Staden
Contact No: +27 (0)21 869 8663
Mobile: +27 (0)72 462 5848
Fax: +27 (0)21 869 8660

ABOUT EDENHEIM

Edenheim is geleë in die hartjie van die Paarl se wynlande met ‘n asemrowende uitsig op die Klein-Drakenstein berge.

Ontmoet die eienaars, Mariki en Xannie van Staden en jy weet dadelik dat jy in bekwame hande is. Hulle glo daaran om eersteklas persoonlike diens en besondere aandag aan detail gekombineer met uitstekende waarde vir geld aan elke paartjie te bied. Die onthaalarea is geskik vir 120 gaste met ‘n dansvloer en het lugreeling asook twee kaggels wat dit die ideale bestemming vir jou troue dwarsdeur die jaar maak.

Die gazebo met sy waterfonteine en wilgerbome is die idilliese agtergrond vir ‘n onvergeetlike buitelug trouseremonie. Die register word dan in ‘n intieme atmosfeer in die romantiese klein kerkie geteken. Edenheim bied ook eksklusiewe toegang tot die hele plaas vir troufoto's met sy uitgestrekte grasperke, wingerde en laventelvelde. Spyseniering word deur Edenheim self behartig en Mariki is trots op die kos wat sy en haar span bedien.

Edenheim bied ook verskeie opsies aan om die hele beplanningsproses van jou troue selfs nog meer gerieflik te maak. Wat ook al jy nie self wil behartig nie, kan ons vir jou reël. Indien jy op soek is na ‘n trouplek wat jou droomtroue 'n asemrowende werklikheid sal laat word, is Edenheim die plek om te wees.

Kontak gerus vir Mariki of Xannie om Edenheim te besoek en die nodige reëlings vir jou spesiale dag te tref.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Edenheim.
Have a comment regarding Edenheim? Submit a review using the form above.

  • SHARE EDENHEIM: