Didima

Didima
Ms. Lihle Madondo
Contact No: +27 (0)36 488 8000
Fax: +27 (0)36 488 1346
visit website

ABOUT DIDIMA

Didima is sprokiesagtige trouvenue in die Drakensberge. Die unieke dubbele rietdak troukapel en aansluitende onthaalsaal spog met dakhoogte vensters wat ‘n skouspelagtige uitsig oor die manjifieke Cathedral Peak bied. Beslis ‘n droomvenue vir ‘n onvergeetlike troudag!

Wat die spyskaart betref, is daar ‘n wye reeks bestaande spyskaarte om van te kies – van buffet en piekniek spyskaarte tot meer gestruktureerde opgediende (plated) geregte. Ons is egter meer as gewillig om elke opsie in fynere detail te bespreek en aan te pas volgens jou persoonlike behoeftes. 

Die volgende items is beskikbaar vir jou gebruik teen geen ekstra koste: 

  • Ronde tafels vir 10 gaste
  • Reghoekige tafels vir 8 gaste
  • Wit tafeldoeke
  • Wit servette
  • Wit stoelslope
  • Messegoed, breekware en glassware
  • Kelners en kroegmanne
  • Spyseniering

Wanneer dit by jul wittebrood kom, oorweeg gerus Didima se luukse en romantiese wittebroodsuite. Met ‘n uitsig oor die berge, is daar geen groter bederf as om voor een van die knetterende kaggelvure (in die slaapkamer en sitkamer) op te krul nie of in die Jacuzzi bad weg te sink nie.

Die Didima span staan reg om na al jou behoeftes om te sien en te verseker dat jou troue ‘n geleentheid is wat jou wildste verwagtinge oortref!

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Didima.
Have a comment regarding Didima? Submit a review using the form above.

  • SHARE DIDIMA: