Coram Deo Lodge

Coram Deo Lodge
Jolanda Jacobs
Contact No: +27 (0)84 909 7777

ABOUT CORAM DEO LODGE

Jul troudag is die belangrikste dag van die begin van jul gesamentlike lewensreis. Als moet mooi en reg wees en die familie en vriende wat opdaag as getuies moet kan deel in die groot vreugde. Die paartjie kom voor die “AANGESIG VAN GOD” vandaar ons naam Coram Deo. Dit is ‘n saak van erns, en daarom is die keuse van n “TROUVENUE” ook n saak van erns.

Ons nooi voornemende paartjies om ons Bakkiesblad te besoek by Coram Deo Vakansieplaas Dendron. Ons bied ‘n volledige , stylvolle, gemaklike diens aan, in die natuur, in die tuin, net soos die paartjie dit verkies. Ons hou dit bekostigbaar dog stylvol en geen moeite word ontsien nie. Ons akkommodeer ongeveer 110 gaste met n keuse van verblyf.

Ons plaas is 73km Noord-Oos van Polokwane en ongeveer dieselfde afstand vanaf Louis Trichardt, in die hartjie van die Bosveld! Net die plek vir n wegbreekkans vir dorps- en stadsjapies. Ons bied ‘n volledige diens, het n verskeidenheid spyskaarte beskikbaar, beskik oor n dranklisense en bied kroegfasiliteite. Ons help met Dekor en Musiek. Ons skoonheidsalon op die plaas bederf jou vir jou spesiale dag.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Coram Deo Lodge.
Have a comment regarding Coram Deo Lodge? Submit a review using the form above.

  • SHARE CORAM DEO LODGE: