Collisheen Estate

Collisheen Estate
Amanda
Contact No: +27 (0)32 815 1107
Mobile: +27 (0)83 460 5754
Fax: +27 (0)86 295 1118
Address: X1 Esenembi Road, Compensation, North Coast, KZN (Inland from Ballito)
visit website

ABOUT COLLISHEEN ESTATE

Díe ongelooflike venue is omring deur sprokiesagtige ou bome, en bied absolute eksklusiwiteit op jou groot dag. Bo en behalwe panoramiese vistas oor die suikerboorde, kan Collisheen gekenmerk word aan die warm “familie” gasvryheid van die span by die landgoed.

30 minute buite sentrale Durban en ‘n klipgooi vanaf Ballito, lé Collisheen – die perfekte venue vir troues, konferensies, vergaderings en spanbou. Ons kapel (kompleet met private tuin), wye verskeidenheid funksie areas, bruide-salon en buitelug arena met fyn gemanikuurde tuine, bied die perfekte agtergrond vir jou troufotos en enige geleentheid.

Hierdie jaar vier ons ons 10-jaar herdenking, deur ‘n splinternuwe trouvenue te open genaamd Orchid House. Díe nuwe venue is ideaal vir meer intieme troues, en bied ‘n nuut-geboude kapel wat pragtig aanpas by die wit koloniese tema van die venue. Orchid House is ook perfek vir ‘n verjaardagpartytjie of skemerkelkie, asook korporatiewe funksies aangesien die 100-jaar oue tuin ideaal is vir spanbou aktiwiteite.

Collisheen Estate bied ‘n idiliese agtergrond vir troues en funksies, ongeag hoe groot of klein dit is – en ons waarborg dat elke geleentheid ‘n rustige, private, proffesionele en perfekte feesviering sal wees.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Collisheen Estate.
Have a comment regarding Collisheen Estate? Submit a review using the form above.

  • SHARE COLLISHEEN ESTATE: