Cape St Francis Resort

Cape St Francis Resort
Lee
Contact No: +27 (0)42 298 0054
Mobile: +27 (0)82 494 3755
visit website

ABOUT CAPE ST FRANCIS RESORT

Sê “ja” by die Cape St Francis Oord

Wanneer mense oor Cape St Francis praat, dink mens dadelik aan somersvakansies, die geur van kokosneut olie en die soete smaak van granadilla roomys. Jou gedagtes wandel instinktief na die rustige en ontspanne atmosfeer van die dorpie. Met die Indiese Oseaan wat die kuslyn omhels, eindelose strande en rustige vakansiegevoel van die dorp en sy mense, is Cape Sit Francis die droom trouplek.

By die Cape St Francis Oord, in die hartjie van die dorp, is die lewe ‘n fees! Díe ongelooflike oord is die ideale plek om van al jou troubeplanning stres te vergeet, en die rustige atmosfeer inspireer jou om luidkeels “ja” te sê – ja vir die diens, ja vir die kwaliteit, en ja vir ‘n venue wat belowe om jou troudag ‘n sukses te maak.

Trouklokkies en Mooi Rokkies

Beloftes op die wit sand, drankies op die dek, dans in maanlik en wense wat bewaarheid word! Romanse word in onvergeetlike oomblikke geskryf, en jy sal nêrens ‘n meer romantiese agtergrond vir jou troudag vind as by die Cape St Fransis Oord nie. Indien die weer nie saamspeel nie, bied die oord ook ‘n kapel vir ‘n alternatiewe seremonie opsie.

Boonop is daar nie net een venue opsie nie! Kies tussen die voorste grasperk by Beach Break met skouspelagtige vistas oor die oseaan, die dek rondom die swembad by Joe Fish Restaurant (oop of bedek met ‘n Marrokaanse rektent), die ongelooflike kunsvenue “the Space” wat tot 180 gaste kan akkommodeer, die intieme Teater, of Joe Fish Restaurant. Hoogs ervare en passievolle koordineerders is ook beskikbaar om te verseker dat al jou wense bewaarheid word – van die kos en spyseniering (verskeie opsies beskikbaar soos canapés, skemerkelkie, spitbraais en roomys) tot die fynste detail van jou troudag.

Wat akkommodasie betref, is daar ook nie ‘n tekort nie! Gaste kan kies tussen die Club, die Village, of die Beach Break Villas, en afslag genieg indien hulle trougaste is.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Cape St Francis Resort.
Have a comment regarding Cape St Francis Resort? Submit a review using the form above.

  • SHARE CAPE ST FRANCIS RESORT: