Cabrieres

Cabrieres
Jane Jordaan
Mobile: +27 (0)72 415 1007
visit website
Address: Cabrières Weddings & Conferences, P.O. Box 674, Montagu, 6720

ABOUT CABRIERES

Jou spesiale dag gebeur net een keer in 'n leeftyd...

"Love builds bridges where there are none." - Anoniem

'n Spesiale wonder... 'n klein aardbewing in jou lewe... dit verstel elke herinnering om slegs vreugde, geluk en liefde te behou... 'n Dag van perfeksie, opgewondenheid, genot, vreugde, hoop en die belangrikste van alles - LIEFDE...

Ons pragtige tuin, omring deur die Karoo se fynbos en lieflike wingerde, is die ideale plek vir jou spesiale dag en die majestueuse berge van die Karoo skep die perfekte agtergrond vir jou seremonie.

Hierdie besonderse venue, geleë in die natuurlike skoonheid van Montagu, het Cabrières bekend gemaak as een van die area se mees gesogte venues. Die wynkelder dateer terug na die 1800's en word geken aan sy outentieke sjarme sowel as die glans.

Die venue bied omvattende moontlikhede vir diverse smake en is die beste venue vir onvergeetlike, suksesvolle, ekslusiewe troues, partytjies, verlowings, herdenkings, verjaarsdae, seisoen-partytjies, etes, jaar-eindfunksies en meer.

Die perfekte atmosfeer gekombineer met sitplek vir binne- sowel as buite-seremonies maak ons venue enig in sy soort.

Ons sorg vir elke detail van jou funksie of troue, insluitende alle spyseniering, opstel, skoonmaak en personeel-benodighede, sowel as dekor vanaf die plaas en 'n professionele bloemiste met 20 jaar ondervinding in die familie-besigheid.

Ons stap die pad saam met jou.

GALLERY

Videos

Cabrieres

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Cabrieres.
Have a comment regarding Cabrieres? Submit a review using the form above.

  • SHARE CABRIERES: