Bakenhof Winelands Venue

Bakenhof Winelands Venue
Contact No: +27 (0)21 864 3774
Mobile: +27(0)76 249 7481
visit website

ABOUT BAKENHOF WINELANDS VENUE

Geniet asemrowende uitsigte en waarde vir geld by hierdie elegante glas lokaal in die wingerde – wat boonop  genomineerd is in die “ Top 10 Wedding Venues in the Winelands” en “Top 25 Most Romantic Winelands Wedding Venues”.

Hul het die wenresep vir ‘n perfekte troue – en hul pakette sluit al die bestanddele in- asemrowende landskap en gemanikuurde tuine, prentjie-mooi kapel, stylvolle welkom en wag areas, ‘n elegante glas lokaal met ‘n gesofistikeerde kroeg, sjiek décor en beligting, houtdansvloer, uitstekende diens, koue drankies en smul lekker kos, afgerond met luukse naweek akkommodasie. Hul verskaf en dink aan alles – geen fynskrif en geen onaangename verrassings – alles teen uitsonderlike waarde vir geld!

Ontsnap na die rustige Paarl/Wellington area, slegs 50 minute van Kaapstad, en ervaar luukse elegansie op ‘n privaat druiwe landgoed – die logiese keuse vir die elegante bruidspaar opsoek na kwaliteit en ‘n skouspelagtige ligging.

Hul wegbreek-troue konsep skop af op die Vrydagmiddag, waar jy en jou bruidsgevolg warm verwelkom word deur vriendelike personeel by die statige Bakenhof. Spandeer jou laaste aand as “Mej.” saam met jou spesiale vriendinne in ‘n betowerende omgewing waar julle luukse oornag akkommodasie in ‘n rustige omgewing sal geniet.

Ontwaak met voëlsang en maak die meeste van jou trou dag deur al jou voorbereidings in ‘n rustige en ontspanne atmosfeer te geniet – hare, naels, grimering, bad en aantrek. As bonus bied die pragtige natuurskoon ‘n mooi agtergrond vir jou fotosessie terwyl hul jou gaste hartlik verwelkom met ‘n koue drankie en sagte agtergrond musiek. Die seremonie area keuse is joune – binne die unieke kapel of buite met moeder natuur as dekorasie – beide opsies smaakvol en aantreklik met besondere uitsigte. Nou het Mnr. en Mev. die geleentheid om kreatiewe fotos te laat neem met eindelose unieke agtergrond moontlikhede terwyl gaste getrakteer word met lewendige klavier musiek, gesofistikeerde happies en spesiale drankies. Dan volg die “WOW” oomlik waar jul by die indrukwekkende trappe afstap om as egpaar in die glaslokaal bekend gestel te word. Laastens begin die kulinêre fees – geurige 3 gang maaltye gemik op die fynproewer, kwaliteit wyn en vonkelwyn , kontant kroeg, afgerond met koffie en koek. Dans die aand weg op die swart en wit blok dansvloer en geniet drankies by die indrukwekkende modern kroeg, sonder om te bekommer oor die horlosie met die wete dat luukse oornag akkommodasie net ‘n paar tree weg is.

Hul volg die filosofie dat jou dag net so belangrik is vir hul is as wat dit vir jou is, en fokus daarom slegs op een troue per naweek. Dag of nag, formeel of informeel, somer of winter, sonskyn of reen, 2 of 200 gaste – hul maak dit hul missie om jou sprokies troue te verwesenlik.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Bakenhof Winelands Venue.
Have a comment regarding Bakenhof Winelands Venue? Submit a review using the form above.

  • SHARE BAKENHOF WINELANDS VENUE: