Atlantic Beach Golf Club

Atlantic Beach Golf Club
Mariska
Contact No: +27 (0)21 553 2223
Fax: +27 (0)21 553 2224
visit website
Address: 1 Fairway Drive, Atlantic Beach Golf Estate, Melkbosstrand, 7441

ABOUT ATLANTIC BEACH GOLF CLUB

Atlantic Beach Golf Club is 'n ongelooflike venue wat spog met panoramiese vistas oor die Atlantiese Oseaan, Tafelberg en smarraggroen gholfbane – om nie eens van die skouspelagtige sonsondergange te praat nie.

Die venue is gehul in romanse en elegansie, en elke hoekie en draatjie spreek van luuksheid en fyn aandag aan detail. 'n Troue by Atlantic Beach Golf Club is dus gewaarborg om 'n stylvolle en kosbare geleentheid te wees – 'n onvergeetlike viering van liefde.

Bo en behalwe die asemrowende venue, bied ons ook professionele troukoördineerders wat gereedstaan om jou te help met die beplanning van jou spesiale dag. Ons spyseniering is uit die boonste rakke en kan boonop aangepas word om nie net jou unieke behoeftes en wense te pas nie, maar dit te oortref. Verder spog die lodge met 21 dubbel gastekamers, elk toegerus met die luukse ekstras wat jy sal verwag van so 'n ongelooflike venue.

Of jy nou droom van 'n klein intieme liefdesviering of 'n deftige en uitspattige geleentheid wat die monde laat oophang – Atlantic Beach Golf Club sal die sprokiestroudag van jou drome 'n manjifieke werklikheid maak.

Vir meer inligting rakende ons troupakkette, kontak ons gerus vandag nog.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Atlantic Beach Golf Club.
Have a comment regarding Atlantic Beach Golf Club? Submit a review using the form above.

  • SHARE ATLANTIC BEACH GOLF CLUB: