Arniston Weddings

Arniston Weddings
Melanie Albertyn
Mobile: +27 (0)82 927 9706
visit website

ABOUT ARNISTON WEDDINGS

Nacht Wacht, een van die bekendste, oudste en mooiste plase in die Overberg is die ideale plek om jou droomtroue te hou.  Die statige landgoed is slegs 12 km van Arniston en 8 km van Bredasdorp, perfek vir 'n naweektroue.  Arniston is juis een van die wereld se bes bewaarde geheime volgens Time tydskrif.  Sodra jy besluit om jou troue hier te hou, hoef jy oor niks te bekommer nie.  Ons verskaf 'n pakket wat alles insluit van spyseniering, blomme, dekor en kroegfassiliteit.  Hier is 2 venues op die plaas.  Ons restaurant kan 40 gaste akkommodeer en die ander venue, 100 persone. 'n Bedoin of Markiestent kan met gemak aan die venue gevoeg word om die spasie te vergroot.

Die mees onvergeetlike seremonies word gehou in 'n oop stuk veld voor die restaurant met die Sussex Bulle wat in die verte loop.  Daar is 'n hele paar moontlikhede van waar jy die seremonie kan hou, onder een van die eeu oue melkhoutbome of in een van die ou stalle.  Die plaas is 'n paradys vir 'n fotograaf, hier is oneindig baie moontlikhede vir onvergeetlike fotos.  Ons het 2 kothuise op die plaas wat perfek is vir die bruid om in aan te trek of sommer net vir vriende wat wil saamkuier.

Kos en eet is baie belangrik hier op die plaas!  Jy kan verseker wees dat jou gaste nog lank sal gesels oor die kos op Nacht Wacht.  Dink lamsrak met 'n reduksie van rooiwyn, bruinsuiker en balsamiek of lekker vars gebraaide geelstert en ons wereldbekende gebakte kaaskoek.

Jy is die bruid, dit is jou dag, dit moet perfek wees, ons doen dit alles soos wat jy dit wil hê.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Arniston Weddings.
Have a comment regarding Arniston Weddings? Submit a review using the form above.

  • SHARE ARNISTON WEDDINGS: