401 Rozendal Wedding Venue

401 Rozendal Wedding Venue
Nicola Kotze
visit website
Address: Polkadraai Road (M12), Stellenbosch, South Africa, 7600

ABOUT 401 ROZENDAL WEDDING VENUE

As jy binneland toe ry van Kaapstad, vind jy jouself in die skilderagtige omgewing van die Kaapse Wynlande. Bekend vir sy asemrowende berguitsigte, ongeëwenaarde wynprodusente en top gehalte kos ervarings, vorm dit beslis die perfekte agtergrond vir 'n pragtige troue.

In die hartjie van hierdie bekroonde omgewing, 11km vanaf Stellenbosch, lê 401 Rozendal - 'n wynplaas met 'n onmiskenbare landelike aantreklikheid. Die Joubert-familie boer al sedert die vroeë 1900's hier met 'n diep respek vir hul nalatenskap en die land se verbouing. Die herstel van die ou plaas skuur het 'n pragtige verborge estetiese kwaliteit met ou-wêreldse sjarme geopenbaar. Om die historiese erfenis te bewaar, is dele van die skuur se oorspronklike argitektuur behou. Vandag funksioneer die ruimte as 'n hedendaagse en moderne trou- en funksie lokaal geleë tussen die allerbekende Stellenbosch bergreekse en kleurvolle wingerde wat die perfekte atmosfeer skep vir jou onvergeetlike troudag.

Ons Funksie Lokaal Die styl van die gebou is warm en uitnodigend, en vang die aantreklikheid van ‘n landelike leefstyl uitstekend vas. Die Kelder-eetkamer kan gerieflik tot 130 gaste akkommodeer. Die balans tussen die historiese oorblyfsels van die oorspronklike gebou en sy skoon, moderne toevoegings kan baie verskillende troue-temas of dekorstyle ondersteun en gee paartjies die geleentheid om die ruimte te omskep met hul eie kreatiewe visie.

Behalwe die ontvangsarea en veranda/tuin wat as 'n pragtige area vir verwelkomingsdrankies gebruik kan word, bied die lokaal ook 'n binnenshuise kapel, 'n knus sitkamer met ‘n kaggel, ‘n dansruimte en aantreklike kroeg aan.

Verskeie items kom as standaard ingesluit, van tafels en stoele tot koördineering op julle spesiale dag. Ons samewerking met ‘n wye verskeidenheid verskaffers wat ons passie vir perfeksie deel sal verseker dat die troue van jou drome ‘n kommerlose gebeurtenis is.

Vir groter funksies word 'n Bedouin-tent op die stoep gebruik vir 160 tot 180 gaste. Die grasperk kan selfs groter byeenkomste akkommodeer met 'n vrystaande Bedouin of Marquee-tent wat addisioneel gehuur kan word met behulp van die lokaalbestuurder.

Ons Kos & Wyn “Two Chefs”, 401 Rozendal se resident sjef paar, is bekend vir hul uitstekende kos aanbieding, aandagtigheid aan elke klein detail en lip-lekker kosopsies. Hul kan ook help met die opstel van 'n spyskaart wat elke kliënt se spesifieke smaak, styl en sak pas. Agt verskillende kultivars wat op die plaas gekweek word, produseer uitstekende wyne wat perfek gepaar kan word met die sjefs se kookkuns. Vir kliënte wat egter graag hul eie wyn wil verskaf, geld 'n standaard kurkfooi per bottel.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for 401 Rozendal Wedding Venue.
Have a comment regarding 401 Rozendal Wedding Venue? Submit a review using the form above.

  • SHARE 401 ROZENDAL WEDDING VENUE: