Ander Wes-Kaap Trourokke

Special Occasions

Special Occasions
Lance / Dianne
Contact No: +27 (0)21 948 0870
visit website

ABOUT SPECIAL OCCASIONS

Ons winkel het oorspronklik in 1999 geopen met die fokus op die verhuring van sprokiesagtige aandrokke. Sedertdien het díe winkel op skouspelagtige wyse ontpop en bied ons vandag ook bruidsrokke wat aanstaande bruide teen bekostigbare pryse kan huur. Ons is 'n klein maar gedugte spannetjie met 'n brandende passie om elke bruid tot die beste van ons vermoë by te staan. Puik diens is ons trots en ons ag dit ons persoonlike verantwoordelikheid om te verseker dat elke bruid wat by ons winkel instap soos 'n prinses voel – nie net op haar spesiale dag nie, maar regdeur die hele beplanningsproses.

Ons rustige en ontspanne bruidsateljee spog met asemrowende rokke so reg uit die portefeuljes van top Amerikaanse en Europese ontwerpers soos Alfred Angelo, Mori Lee, Maggie Sottero en Da Vinci. Ons reeks word op 'n gereelde basis aangevul met splinternuwe ontwerpe om so te verseker dat elke bruid ongelooflik lyk op haar groot dag, sonder om die bank te breek.

Let wel: Wat die kies en aanpas van aandrokke en strooimeisie-rokke betref, kan jy enige tyd kom inloer! Ons vra egter dat bruide ons vooraf kontak om 'n afspraak te maak sodat ons tyd opsy kan sit om ons volle aandag aan jou te skenk.

Danksy ons puik en spoedige huurdienste, is ons in die bevoorregte posisie om bruide regoor die Wes-Kaap van droom rokke te verskaf.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Special Occasions.
Have a comment regarding Special Occasions? Submit a review using the form above.

  • SHARE SPECIAL OCCASIONS: