Ander Wes-Kaap Strooimeisie-rokke

Infinity Dress

Infinity Dress
Tanya Saleh
Contact No: +29 (0)21 556 3407
visit website

ABOUT INFINITY DRESS

Een Rok met 27 maniere om dit te dra!

Die Infinity rok kan gevou en gevorm word om jou unieke styl te pas, wat dit dus die ideale strooimeisierok vir jou troudag maak. Deurdat elke strooimeisie haar rok in ‘n styl kan vou wat haar pas, gee haar die gemoedsrus dat sy pragtig en gemaklik sal voel – ongeag haar liggaamsgrootte en vorm.

Die Infinity rok kan volgens jou spesifieke spesifikasies gemaak word, om jou kleurskema en strooimeisies te pas. Ons rokke word deur ‘n span hoogs gekwalifiseerde naaldwerksters gemaak, en ons gebruik slegs die beste kwaliteit materiale, om te verseker dat jy 100% tevrede is met die eindproduk.

Ons reeks Infinity rokke sluit die volgende in:

  • Somers Infinity Rok: Een rok wat op meer as ‘n 100 verskillende maniere gedra kan word. Die somersrok kom tot net bo die knie en is ideaal vir enige liggaamstipe.
  • Skemerkelkie Infinity Rok: Die styl rok kom tot net bo die knie en is in ‘n wye reeks kleure beskikbaar. Kikker jou rok verder op met ‘n glinsterende borsspeld om daardie ekstra tikke sprankel te verleen.
  • Infinity Aandrok: Tree in die kollig met hierdie elegante en stylvolle rok! Met meer as ‘n 100 maniere om die rok te dra, is die Aandrok ideaal vir alle liggaamsvorme. Die rok vloei tot by die enkels, en is in ‘n wye verskeidenheid kleure beskikbaar.
  • Die Plus-grootte Infinity Rok: Aangesien ons rokke uit die niet geskep word, kan dit aangepas om enige liggaamstipe te pas! Die plus-grootte infinity rok is meer vloeiend as die ander style, en versteek probleemareas.

Belangrike notas:

  • Infinity rokke kan op ons webtuiste bestel word! Ons vinnige en vriendelike koerier dienste lewer jou bestelling op jou drumpel af, enige plek in Suid-Afrika.
  • Besoek ons webtuiste vir ‘n wye verskeidenheid tegnieke en tutoriale.
  • Verskillende style is beskikbaar vir Strooimeisies, Blommemeisies en die Bruid.
  • Bypassende mans Dasse, Strikdasse en Sakdoekies is ook beskikbaar.
GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Infinity Dress.
Have a comment regarding Infinity Dress? Submit a review using the form above.

  • SHARE INFINITY DRESS: