Fascinating Julia

Fascinating Julia
Julia Shaer
Mobile: +27 (0)83 373 1014
visit website
Address: Riverclub, Johannesburg

ABOUT FASCINATING JULIA

Fascinating Julia

Fascinating Julia spesialiseer in die gesogte Infinity Rok en bied ‘n wye verskeidenheid style en kleure om van te kies en keur. Díe ongelooflike rok is ontsaglik veelsydig en kan op honderde maniere gevou, gedraai en geknop word om splinternuwe rok-ontwerpe te vorm. Die opsies is eindeloos!

Die Inifinity Dress is gemaak om enige lyf en grootte te pas (4 tot 18), wat dit dus die ideale strooimeisierok maak deurdat dit aangepas kan word om elke strooimeisie se unieke lyf en vorm te pas. Dit beteken ook dat jy nie nog met mates en passings hoef te sukkel nie – die rok is feitlik gewaarborg om enige lyf te pas.

Julia se rokke kan uit ‘n verskeidenheid materiale gemaak word, soos Venezia, Bon bon, Poly-spandes of Viscose-lycra – afhangende van die kleur waarna jy soek en wat huidiglik beskikbaar is. 

- Driekwart-lengte skemerkelkie rokke kos R700 elk

- Vloerlengte maksi-rokke kos R850 elk

Kontak gerus vandag nog vir Fascinating Julia vir ‘n konsultasie of voorbeelde van beskikbare materiale en kleure. 

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


My strooimeisie rokke is loshande die beste wat ek ng gesien het en my strooimeisies was ml daaroor! Hulle was uit hul nate toe hulle sien wat hulle gaan dra, en het dit reeds weer gedra n die troue. Hierde rok blyk n mistieke skepping te wees die perfekte strooimeisie rokwat weer n die troue gedra kan word. Ek het daarvan gehou dat elkeen n styl kon kies om by haar persoonlikheid te pas, sonder om my tema te breek. Dit was selfs perfek vir my stroomeisie wat swanger was! Om n strooimeisie rok vir n swanger dame te kry, kan n nagmerrie wees, maar sy het ongelooflik mooi gelyk en kon die rok slf om haar lyf ontwerp om gemaklik te voel.

Ek het verlede jaar n vlootblou Infinite Wrap Dress deur Fascinating Julia gekoop. Oor die afgelope paar maande het my rok n staatmaker geword. Ek het dit al na verskeie troues en geleenthede gedra formeel en informeel. Hierdie oulike nommer kan opgedollie of meer gemaklik wees en maak n uitstekende reisgenoot.

Die rok was absoluut pragtig as n strooimeisierok, en die kleur het perfek gepas! Ek het soveel komplimente by die troue ontvang! Dis vreeslik lekker om die rok in allerhande verskillende style te probeer en ek dink dis regtig die n rok wat jy in jou kas mt h! Die rok is so gemaklik en die materiaal is heerlik vloeiend en koel n kreukelvry! Ek sal aanhou om die Infinity Wrap Dress deur Fascinating Julia aan te beveel.

Ek het vier strooimeisies gehad. Hulle is al vier mooi vroue, maar van baie verskillende lengtes, groottes en gelaatskleure. Ek wou hulle graag mooi en vroulik laat lyk, sonder om hulle aan frille, kant of Empire lyne te onderwerp! Ek wou ook die sagte ballet tema van my troue na hul strooimeisie rokke deurvoer. n Moeilike versoek, sou jy s! Dit was n fees om saam met Julia te werk. Sy is vriendelik, geduldig en goed georganiseerd. Die rokke was pragtig gemaak, van die hoogste kwaliteit materiaal en perfekte kleur. Ten spyte daarvan dat sy in Gauteng, en ek in Kaapstad is, was logistiek nooit n probleem nie. Belangrikste van alles, het my strooimeisies elegant en spesiaal gevoel. Ek sal nie huiwer om haar dienste vir nige bruid aan te beveel nie.
  • SHARE FASCINATING JULIA: