Ander Wes-Kaap Strooimeisie-rokke

Chica Loca

Chica Loca
Benita
Contact No: +27 (0)21 683 2172
visit website

ABOUT CHICA LOCA

VIR EWIG EN VIR ALTYD
Chica-Loca Verwelkom ‘n Splinternuwe Bruidereeks

Indien jy gelukkig genoeg is om reeds ‘n oorspronklike Chica-Loca! te besit, sal jy die hoë vlak van elegansie en gemak, waarvoor díe gesogte handelsmerk bekend is, goed verstaan en waardeer. Dit is dus geen wonder dat ontwerper Benita Allen van wyd en suid deur bruide genader word om hul strooimeisierokke te ontwerp nie.

Die era van frilletjies- en valletjies-agtige meringue-rokke is amptelik verby! Deesdae is daar ‘n groot aanvraag na pragtige, eenvoudige, bekostigbare en moderne strooimeisierokke. ‘n Elegante bruid wil immers hê haar strooimeisies moet net so sjiek en glansryk soos die res van die troudag-elemente vertoon, aangesien hulle grotendeels tot die styl van die spog geleentheid bydra.

Daar is geen rede hoekom ‘n strooimeisierok net een keer gedra kan word nie. Chica-Loca! is ‘n voorstaander van tydlose elegansie, en die handelsmerk se strooimeisiereeks is net so klassiek en (her-)drabaar soos elke ander item op die rak en in die vertoonvenster.

So sê “hello!” aan die Chica-Loca! Bridal Collection – ‘n eenvoudige dog luuks en sprokiesagtig reeks wat ontwerp is om jou te laat straal. Benita se idee agter die versameling trourokke was om die gevoel van ‘n lieflike sonskyndag vas te vang – romanties dog met ‘n tikkie speelsheid. Een kykie na haar bruidereeks en skielik klink die gesegde “always the bridesmaid, never the bride” glad nie na ‘n slegte idee nie!

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Chica Loca.
Have a comment regarding Chica Loca? Submit a review using the form above.

  • SHARE CHICA LOCA: