Jem Catering

Jem Catering
Johan Harley
Mobile: +27 (0)82 451 9977
Mobile: +27 (0)79 255 1718
Fax: +27 (0)86 571 5360

ABOUT JEM CATERING

JEM is ʼn eksklusiewe spysenieringsonderneming wat gemik is daarop om die fynproewer tevrede te stel. JEM is die produk van ʼn passievolle droom van sy lede, wat elk hul eie ervaring en professionele opleiding, asook hul unieke individuele styl na die tafel bring. Ons floreer op ʼn uitdaging en dring aan op perfeksie.

Ons styl het ʼn sterk klassieke invloed, gekombineer met ʼn moderne, skoon voorkoms. Ons glo minder is meer en gebruik slegs die hoogste gehalte produkte in sowel kos as dekor. Ons uitvoerende chef, Johan Harley, het ʼn gesonde respek vir die grondslag wat deur die wêreld se bekendste chefs gelê is en daag altyd sy span uit tot buitengewone prestasie. Ons streef daarna om meer aan te bied as wat verwag is, en geniet dit om ons kliënte en hul gaste na hul asems te laat snak!

Met behulp van ons goed-opgeleide, professionele span is ons in staat om groot geleenthede sowel as meer intieme funksies aan te pak. Ons geniet die interaksie met ons kliënte en om betrokke te wees by die skep van hul droomonthaal. Dit is vir ons ʼn bonus om te midde van ons harde werk deel te wees van ons kliënt se feesvieringe en put vreugde daaruit om die perfekte produk aan ons kliënte te bied.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Jem Catering.
Have a comment regarding Jem Catering? Submit a review using the form above.

  • SHARE JEM CATERING: