Ander Gauteng Soetgoed

Candy Saloon

Candy Saloon
Natasha
Mobile: +27 (0)82 841 6516

ABOUT CANDY SALOON

Lekkergoedtafels is die nuutste gier in the bruidewêreld.  Met soveel kleure, geure en bederfies om van te kies, is die lekkers deesdae nie meer net 'n bederfie vir die  tong en kies nie, maar ook vir die oog. Lekkergoedtafels kan jou nagereg, dankie-geskenkies of troukoek vervang. Jou gaste sal beslis in hul noppies wees met hulle lekkergoed.

Candy Saloon kies die perfekte lekkers wat by die unieke tema en kleurskema van jou funksie pas.  Die lekkergoed word in glashouers bedien waar elke gas 'n skeppie uit elke houer kan neem. Candy Saloon bied ook persoonlike sakkies aan waar jou gaste hulle lekkers kan inpak.  Ons kan die lekkers vervang met koekies vir 'n koekie-tafel en southappies soos biltong, droëwors, gedroogde vrugte , gemengde neute ens. vir 'n souttafel wat ons 'n “Salty Saloon” noem. 

Bederf  jou gaste met een van Candy Saloon se spesiale stalletjies, soos 'n roomys-, spookasem-, springmielie- of 'gelikeurde aarbei' - stalletjie. Ons bedien jou gaste vars, hoë gehalte produkte.  Daar is n groot verskeidenheid roomysgeure om van te kies. Candy Saloon se stalletjies werk besonders goed terwyl die bruidspaartjie hul foto's gaan neem . Ons hou jou gaste lekker aan die gesels en die lang wag voor die bruidspaar terug kom, is nie meer so lank nie.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Candy Saloon.
Have a comment regarding Candy Saloon? Submit a review using the form above.

  • SHARE CANDY SALOON: