Ander Gauteng Skryfbehoeftes

Wincs Creations

Wincs Creations
Elise
Contact No: +27 (0)11 958 0754
Mobile: +27 (0)82 824 1773
visit website

ABOUT WINCS CREATIONS

Wincs Creations is in Maart 2009 gestig en het binne die kwessie van ‘n baie kort tydjie tot ‘n hoogs suksesvolle skryfbehoefte-verskaffer gegroei. Ons verskaf persoonlike uitnodigings en trouverwante skryfbehoeftes om elkeen van ons kliënte se spesiaalste dag net nog meer onvergeetlik te maak. Al ons skryfbehoeftes is elegant en handgemaak volgens die kliënt se spesifikasies en vereistes – ons glo nie in massa-vervaardiging nie. Met ‘n wye verskeidenheid ontwerpe om van te kies, maak ons die uitnodiging presies soos wat jy nog altyd gedroom het en werk ons ook met enige ander ontwerp of idee wat die kliënt op ons werksbank neersit.

Ons werk op ‘n baie persoonlike vlak met elkeen van ons kliënte. Normaalweg stel ons ‘n gratis konsultasie voor waar ons ‘n voorbeeld uitnodiging aanmekaar sit en demonstreer hoe die eindproduk met verskillende lint, versierings en tierlantyntjies sal lyk. Sodra ons dan op ‘n ontwerp en kleurskema besluit het, trek ons dit deur na die hele reeks skryfbehoeftes  - van die uitnodigings tot die dankie-kaartjies wat jy na die troue gaan uitstuur. Ons maak ook eenheidskerse, geskenkboksies en omhulsels vir gastegeskenkies om by jou tema te pas.

By Wincs werk vereis ons glad nie ‘n minimum bestelling nie omdat geen kliënt te groot of te klein is nie – elkeen is ewe belangrik. Ons doen altyd ons bes om ons bruidspaartjies met enige spesiale versoeke te akkommodeer en die ekstra myl vir hulle te gaan. Ons het ook al met talle buitelandse kliënte gewerk waarvan almal baie tevrede was met die diens en kwaliteit van die produk wat hulle ontvang het.

Ons verskaf ook uitnodigings en skryfbehoeftes vir ander funksies soos huweliksherdenkings, 21ste verjaardae en enige ander verjaardagpartytjies, kombuistees, korporatiewe funksies, ens. Ons is in Ruimsig geleë naby verskeie ander welbekende venues soos Avianto, Bergvallei, Glenburn Lodge, Misty Hills, Moon & Sixpence, Oakfield Farm, Usambara en vele ander.

Wincs Creations is ‘n gemagtigde lid van SABIA asook die eerste keuse diensverskaffer van verskeie bekende venues in die omliggende area. Ons stal jaarliks by Oakfield Famr uit en sal ook by die jaar se “Experience the Exquisite” bruideskou by die Michelangelo in Sandton uitstal.

Vir enige verdere inligting, besoek gerus ons webtuiste of kontak ons.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Wincs Creations.
Have a comment regarding Wincs Creations? Submit a review using the form above.

  • SHARE WINCS CREATIONS: