Secret Diary Designs

Secret Diary Designs
Carla Thomson
Contact No: +27 (0)21 914 7224
Contact No: +27 (0)21 914 4202
visit website
Address: Ground floor Mezzanine, 26 Bella Rosa street, Tygervalley, Bellville, Cape Town, 7530

ABOUT SECRET DIARY DESIGNS

Dit is ons missie om ons uitnodigings die nodige respek, erkenning en filosofie van ontwerp te gee wat hul verdien. Ons kan altyd 'n innoverende oplossing skep vir enige kliënt. Secret Diary Designs het 'n reputasie van passievolle ontwerpe en respek wat uitgeoefen word oor ons kliente se wense en begeertes.

Ons is ‘n couture ontwerpers-ateljee wat luukse trou-uitnodigings, baba-aankondigings, funksie-uitnodigings, sosiale skryfbehoeftes en gaste geskenkies ontwerp en maak. Dit alles begin met die eerste ontmoeting waar ons jou persoonlike styl , smaak en visie wil vier. Of dit jou troue, pasgebore kind of belangrike korporatiewe funksie is, Secret Diary Designs strewe na die perfekte, stylvolle impak.

Al Secret Diary Design se uitnodigings en aankondigings is heeltemal uniek en volgens die behoeftes van die kliënt vir die spesifieke geleentheid. Elke ontwerp reflekteer n liefde vir ontwerp, versiering, die gebruik van pragtige papier en linte. Die eindproduk is kreatief, mooi en vol persoonlikheid. Ons aanloklike uitnodigings, sosiale skryfbehoeftes en gaste geskenkies is van dié aard dat dit waarlik stylvol is en dus 'n groot impak op hul eie het.

By Secret Diary Designs is ons mikpunt om die stresvolle en oorweldigende taak van ‘n uitnodiging of tema vir jou byeenkoms te kies in 'n pret en stresvrye ondervinding te verander. Ons beplan en bestuur elke stap van die ontwerp proses so dat die eindresultaat 'n foutlose en waarlik asemrowende skepping is.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Secret Diary Designs.
Have a comment regarding Secret Diary Designs? Submit a review using the form above.

  • SHARE SECRET DIARY DESIGNS: