Noo-can-do!

Noo-can-do!
Cynthia Young
Contact No: +27 (0)28 314 1481
Fax: +27 (0)88 028 314 1481

ABOUT NOO-CAN-DO!

By Noo-can-do! lê ons trots in unieke handgemaakte troukaartjies. Elke verloofde paartjie is besonders en eie aan hulself, dus benader ons elke okkasie soos die unieke geleentheid wat dit is. Die ontwerpe stem dus uit individuele troukaartjies wat elke persoonlikheid en sak sal pas. Dit verskaf aan ons ure se plesier om paartjies te leer ken en sodoende ‘n persoonlike stempel op elke troue te kan afdruk.

Hoe laat ons die wiele draai?

Eerstens hou ons saam 'n dinkskrum en gesels oor al die moontlike maniere om idees en drome te verwesenlik. Jou troudag is en bly een van die mooiste en onvergeetlikste dae! Tweedens trek ons al die toutjies en tierlantyntjies bymekaar om die uitnodigings op te tooi. Dit is belangrik om te onthou dat troukaartjies altyd die eerste indruk van elke paartjie se spesiale dag is! Ons kreatiwiteit ken geen perke nie. Juis daarom gebruik ons ook 'n wye verskeidenheid van materiale. (Handgemaakte en ingevoerde papier, organza strikkies, krale en blinkertjies, skulpies en vere, foto's ens. – om net ‘n paar te noem…) So of jy nou 'n deftige affêre of ‘n informele kaalvoet-op-die-strand troue beplan, ons skep ontwerpe met unieke en individuele kreatiewe aanslag wat pas by enige geleentheid en stemming.

Vanwaar Gehasi?

Noo-can-do! het sy oorsprong aan die begin van 2002 en is tans bedrywig in die prentjiemooi Hermanus en omliggende omgewing, maar pendel ook weekliks Kaapstad toe om kliënte te ontmoet. Ons fokus hoofsaaklik op handgemaakte kaartjies wat deur boekwinkels in die Wes-Kaap, asook aan luukse huisware-winkels regoor Suid Afrika versprei word . Die omskakeling van slegs kaartjies na skryfbehoeftes en uitnodigings vir troues was ‘n natuurlike skuif wat gevolg het op 'n groot aanvraag van vriende en familie wat oor die afgelope jare in die huwelik getree het. Ons maak al sedert 2004 die allermooiste troukaartjies en vandag kan ons spog met ‘n lang lys gelukkige kliënte, almal hoogs beïndruk met ons voortreflike diens. Of jy nou 'n groothandel-kliënt of 'n blosende bruid is – ons stap altyd die ekstra myl vir ons kliënte!

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Noo-can-do!.
Have a comment regarding Noo-can-do!? Submit a review using the form above.

  • SHARE NOO-CAN-DO!: