Little Works

Little Works
Michele
Contact No: +27 (0)21 701 6113
Mobile: +27 (0)83 636 1243
Fax: +27 (0)86 766 6319

ABOUT LITTLE WORKS

Little Works – Where design matters.

Gestig 1999

Die uitnodiging is die eerste item in ‘n reeks elemente wat jou styl, tema en uniekheid definieer. Boonop gee dit jou gaste ‘n klein dog besonderse voorsmakie van wat om te verwag, en op ‘n kunstige en handgemaakte wyse wat hulle eenvoudig met vriende en familie móét deel. Met die groot oorvloed van sosiale netwerke en moderne tegnologie wat deesdae die wêreld oorneem, is dit omtrent ‘n bederfie om iets handgemaak te ontvang – soveel te meer as dit ‘n pragtige persoonlike, gegraveerde of lasergesnyde bêrestuk is. By Little Works is dit ons wens dat jy jou uniekheid moet kan uitleef en jou boodskap op só ‘n manier stuur dat jou persoonlikheid daarin weerspieël word en die ontvanger ekstra spesiaal voel.

Ons spesialiseer in hoë kwaliteit gedrukte skryfbehoeftes vir enige geleentheid – van ‘n uitspattige of intieme troue tot ‘n besigheids- of korporatiewe funksie. Ons besonderse uitnodigings is gewaarborg om gaste aan die gons te kry nog voordat die partytjie enigsins afgeskop het, en skep verwagting van die oomblik wat die koevert-flappie gelig word. Deur fyn stillering en uniforme ontwerpe, kan die tema van jou troudag en venue ook na ander skryfbehoefte-elemente deurgetrek word, soos byvoorbeeld die spyskaarte, programme, tafelplan, naamkaartjies en geskenksakkies.

Al ons skryfbehoeftes word by ons Kaapstadse ateljee gemaak om te verseker dat jy net die beste ontwerpe en diens van ons toegewyde en ervare span ontvang. Elke item word met liefde en sorg gemaak, wat dan weer in die eindproduk voor of op jou spesiale dag weerspieël word. Ons gevorderde digitale druk-tegnieke verseker ‘n hoë kwaliteit afwerking, en gee ons die vryheid om skryfbehoeftes in klein- of grootmaat te skep, vir enige grootte funksie of intieme geleentheid.

Michele en haar span sien uit om jou te ontmoet!

Ons is van Maandag tot Vrydag tussen 8vm en 5nm vir afsprake beskikbaar, so kontak ons gerus om jou persoonlike voorkeure en vereistes te bespreek. Ons is egter ook buite die normale besigheidsure beskikbaar – dit wil sê, meeste Saterdae tussen 9 en 12 – om die werkende bruid te akkommodeer.

Kontak ons asseblief vooraf om ‘n afspraak te maak.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Little Works.
Have a comment regarding Little Works? Submit a review using the form above.

  • SHARE LITTLE WORKS: